Nuwe SA-rekord met bielie-barber

Nuwe SA-rekord met bielie-barber

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die 15-jarige Iwhan van der Merwe wat as klein tjokkertjie op Pearly Beach se strand begin hengel het, het verlede week ‘n nuwe Suid-Afrikaanse varswaterhengelrekord opgestel toe hy ‘n bielie van ‘n barber uitgetrek het.  Die barber het die skaal op 18.97 kg getrek.

Iwhan het die Westelike Provinsie verteenwoordig by die SA Varswater Hengelkampioenskappe wat gedurende 12 en 14 Desember by Bloemhofdam aangebied is.

Hy is ‘n lid van die Paarl Varswater Hengelklub en dit is die tweede keer dat hy aan die nasionale kompetisie deelneem.

Die omstandighede was maar moeilik, maar die WP-spannetjie het hulle harte uitgehengel.

Op die tweede dag van die kampioenskappe was Iwhan se eerste vis van die dag ‘n 8kg barber, wat op sigself vir sy ouderdom ‘n groot prestasie is. Daarna vang hy ‘n bielie van ‘n karp (6.7kg). Toe byt die ou grote en sy katrol “hardloop weg”.  Na 20 minute se gespook en spartel, sleep hy eiehandig die vis uit - ‘n allemintige 18.97 kilogram barber. Voor die prysuitdeling is vasgestel dat die barber ‘n nuwe Ope Suid-Afrikaanse rekord is.

Iwhan het medaljes vir die grootste barber, asook vir ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord ontvang – ‘n skrale 0.4 gram onder die algehele rekord.

Iwhan is ‘n graad 10 leerder aan die Hoërskool Gimnasium in die Paarl.

Sy oupa en ouma, Johan en Maria Slabbert, asook sy ouers hou al vir jare vakansie op Pearly Beach in die "bungalows". “Iwhan kuier al van kleinseuntjietyd vakansietye saam met sy grootouers en familie hier en die visvanggogga het hom al gebyt toe hy maar so  'n ou klein tjokkertjie was,” vertel sy tannie, Helena Venter van Pearly Beach.

“Eers het jy die klein seuntjie met die visstok op die rotse gesien staan - enige tyd, vroegdag, laatdag en soms heeldag en nou sien jy die ervare jong hengelaar steeds op dieselfde rotse, aangesien hy net so ‘n kranige seehengelaar is as ‘n varswaterhengelaar.”

Sandrie Wessels en Dirk Lourens, altwee welbekende varswaterhengelkampioene van Perlemoenbaai, vertel dat hulle Iwhan sowat drie jaar gelede as ‘n seuntjie met ‘n passie vir hengel langs ‘n dam ontmoet het.

“Die afgelope drie jaar het ons hom voluit ondersteun en bygestaan en het ons gesien hoe uitstekend hy as ‘n varswaterhengelaar ontwikkel.

Vandag is almal van ons by die Disa Fishing Span baie trots op hom en wens hom graag geluk met sy uitsonderlike prestasies.”

Nuwe SA-rekord met bielie-barber

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles