Gansbaai Elimhuis se gestremde kinders is Donderdag, 15 Desember 2016 “vir die soveelste” keer heerlik bederf.
Groot opgewondenheid het onder die kinders geheers tydens ‘n heerlike ete en daarna die groot oomblik - Kersgeskenkies.
In die kerspakkies was speelgoed en sakkies met lekkernye.
Die personeel is ook verras met geskenkies en soetigheid.
Die weldoeners, Thys Fourie en Marie Reid, bederf die kinders al sedert die eerste Kersfees sedert die ontstaan van Gansbaai Elimhuis.
“Vanjaar het ‘n vriendin van ons, Hanlie Strydom, by ons jaarlikse projek aangesluit,” vertel Marie. “Die gedagte is om, instede daarvan om geskenke aan mekaar uit te deel, dit eerder aan hierdie projek te skenk.”













