Aktrise Lindie Stander gesels oor haar lewe by Vrouediens-oggend

Aktrise Lindie Stander gesels oor haar lewe by Vrouediens-oggend

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bekende en veelsydige aktrise, Lindie Stander, het haarself verlede Saterdag (4 Maart) as formidabele gasspreker bewys. 

Die spesiale en keurige geleentheid is deur die De Kelders Vrouediens onder leiding van Adele Swart in die Pretoriussaal gereël.

Lindie het tydens haar bykans twee uur lange praatjie, vertel dat haar  optrede as die “nar” van haar gesin tydens haar kinderjare, waarskyklik bygedra het tot haar keuse om drama te gaan studeer.

Gansbaai se musiekonderwyser, Pieter van der Merwe het  twee van sy begaafde  musiekstudente ingespan om vooraf vir luisterryke optredes te sorg. Dit was maar die tweede geleentheid waar Tiaan Boshoff voor ‘n gehoor optree.  Hy het uitmuntende sang gelewer met die sing van Jerusalem.

Zulene van Niekerk, al  byna ‘n “ou” hand agter die klavier, het L’Ocean gespeel. Altwee het aanhoudende applous vir hul optredes ontvang.

Pieter, ‘n gekwalifiseerde musiekonderwyser in klavier, kitaar en sang, se klavierspel van “Jesus min my salig lot” het groot byval onder die gehoor gevind. Pieter is ook die hoofeksaminator van ALMSA, voorheen bekend as die Akademie vir Ligte Musiek Suid-Afrika, maar deesdae bekend as Kontemporêre-, Jazz- en Gospelmusiek Suid-Afrika, alhoewel die afkorting ALMSA behoue gebly het.

Lindie praat oor haar lewe

Lindie vertel dat haar  optrede as die “nar” van haar gesin tydens haar kinderjare, waarskyklik bygedra het tot haar keuse om drama te gaan studeer.

Sy het aanvanklik eers die wêreld gaan verken, onder andere as vrywilliger op ‘n kibutz in Israel.

Op haar reis na sukses en as een van Suid-Afrika se geliefde aktrises, moes Lindie egter eers vele struikelblokke, veral in haar persoonlike lewe oorkom.

Sy het “blatant” eerlik na haar lewe vóór haar bekering, sowat vyf jaar gelede, verwys. ‘n Traumatiese ervaring as ‘n vyfjarige dogtertjie, was dat sy haar pa se selfdood aanskou het.

Roem op verkeerde wyse

Lindie het vertel hoe sy roem op die verkeerde wyse nagestreef het, met verkeerde mense deurmekaar geraak het en dat selfs dwelms ‘n groot rol in haar lewe gespeel het. Met haar vegtersinstink het sy na perfeksie in alles wat sy aangepak het gestreef, maar op die verkeerde manier en met verkeerde bedoelings.

Lindie het in ‘n rehabilitasiesentrum beland, waar sy sowat vyf jaar gelede tot bekering gekom het en sy sê dat sy nog nooit weer teruggekyk het nie.

Sy het besef dat sukses en roem nie lewensgeluk bied soos wat sy aanvanklik gedink het nie.

Ondanks haar verlede, is Lindie vandag ‘n begaafde en veelsydige aktrise. Sy het haar honeursgraad in Drama aan die Universiteit van Stellenbosch in 1998 verwerf. In 1995 was sy een van ses studente wat gekeur is om die gesogte B-Drama te studeer.

Tydens haar jare op universiteit het sy haar eerste solo-vertoning geskryf en dit op enige beskikbare platvorm opgevoer, waarna vele “Eenvrou”-vertonings by kunstefeeste gevolg het.

Sy het al haar tekste self geskryf en is gou as ‘n pioneer in die Afrikaanse komedie beskou.

Lindie het ook televisie-uitdagings aanvaar – eers as aanbieder van die joernaalprogram, Kwêla en na 2 jaar die gewilde “Elsie” in die sepie, Binnelanders.

Daarvoor het sy ‘n ATKV-mediaveertjie vir die Beste Aktrise ontvang.

Gansbaaiers gaan nog lank oor die heerlike oggend saam met De Kelders se Vrouediens gesels.

Aktrise Lindie Stander gesels oor haar lewe by Vrouediens-oggend

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Penguin Love Pledge Valentine’s Day

Penguin Love Pledge Valentine’s Day

This Valentine’s Day, pledge your love like a penguin!

Accountability and Anger: Take Back Control of Your Life

Accountability and Anger: Take Back Control of Your Life

How do you take accountability for something you feel you have no control over?

Grootbos Nursery Expansion and Sundowner Sessions

Grootbos Nursery Expansion and Sundowner Sessions

The Green Futures Nursery is expanding and moving to a new site...

Grootbos Foundation
Ladybird Under the Microscope: Nature’s Aphid Hunter

Ladybird Under the Microscope: Nature’s Aphid Hunter

What's under the microscope this week?

Grootbos Foundation
GGAP Community Mural at Birkenhead Boat Club

GGAP Community Mural at Birkenhead Boat Club

Our mural at the Birkenhead Boat Club is coming on so beautifully...

Stunning Sunny Days in Gansbaai

Stunning Sunny Days in Gansbaai

What an absolute gift these days have been in Gansbaai!

Amazing Grace B&B
See All Articles