'n Musiekfees word gebore vir Laerskool Gansbaai

'n Musiekfees word gebore vir Laerskool Gansbaai

Gansbaai Courant

Op 29 Desember 2012 bied Laerskool Gansbaai ‘n musiekfees aan wat gebore is uit nood vir fondse wat benodig word vir die skool se beheerliggaamposte.  Hierdeur kan ons verseker dat ons  kinders van vandag die leiers van môre sal wees en net die beste onderrig moontlik kan ontvang.  Dit is die skool se eerste prioriteit.

Met die resessie wat reeds ‘n paar jaar voortwoed, is Laerskool Gansbaai gedwing om twee beheerliggaamposte vir 2013 af te skaf en ’n derde pos te vervang met ’n Assistent-pos. Lopende maandelikse kostes soos elektrisiteit, water, administratiewe uitgawes, salarisse, herstel en onderhoud maak dit vir die skool  onmoontlik om sonder ’n addissionele inkomste die mas op te kom.

Die Wes-Kaap Onderwysdepartement verskaf nege onderwys-poste aan Laerskool Gansbaai vir ’n leerderratio van 1:38 en bied ook ’n  jaarlikse  finansiële bydrae vir leermateriaal en ander uitgawes wat ’n skamele 5% van ons jaarlikse begroting  uitmaak.  Hierdie bydrae is by verre nie genoeg om ons skool se begroting te laat klop nie.

Slegs sowat 40% van ons ouers betaal jaarliks hul totale skoolfonds, 20% word ingevorder met regsprosesse wat tyd neem en sowat ’n verdere 40% vorm deel van kwytskeldings of word jaarliks afgeskryf as oninbaar.  Met hierdie skoolfondse poog ons Laerskool om hul klasse se opvoeder/leerderratio klein te hou met 1:25 sodat gehalte onderrig toegepas kan word. 


As u dus na bogenoemde situasie kyk, is daar geen ander alternatief as om fondsinsamelings te hou nie en daarom dan die ontstaan van die BIG2TOWN MUSIEKFEES wat 29 Desember plaasvind ten bate van Laerskool Gansbaai.

Die fees sal oud en jonk vermaak met net die beste kunstenaars soos André en Tiaan, Nianell, Wikus van der Merwe, Bok van Blerk, Snotkop, Emo Adams, Andries Vermeulen, DJ Ossewa, Die Broers en dan is daar nog Amoré, Danielle de Villiers en die Born with Style-dansgroep. Ingang is R120 vir volwassenes; R60 vir kinders tussen 7 en 16 jaar en voorskoolse kinders is gratis. Kaartjies is beskikbaar op die dag by ’n sentrale hek, maar kan ook vooraf gekoop word by enige Computicket of by hul tak in OK Foods, Gansbaai.

Van vroegdag af gaan hierdie kunstenaars heerlike vermaak verskaf en vir dié wat net wil rondloop, is daar hope snuffelstalletjies asook kosstalletjies te kus en te keur.  Die kinders kan heeldag vermaak word met  Merry-go-Roundritte, waterballe, en nog meer.  Vir feesgangers wat net rustig wil ontspan, kom kuier gerus in die biertent waar daar heerlike koue drinkgoedjies en wyn te koop aangebied sal word.

As organiseerder van hierdie fees besef ek dat ons almal huishoudelik- en besigheidsgewys gebuk gaan onder swaar en moeilike ekonomiese tye.  Ek glo egter dat as ons almal hande neem, sal ons hierdie wa deur die drif kan trek vir Laerskool Gansbaai en sy kinders.

‘n Opregte dankie aan elke persoon en instansie met wie ek onderhandel ter voorbereiding van so ‘n groot fees!  Dankie vir u positiewe gesindheid, vriendelike ontvangs en die hoflikheid wat ek ervaar! 

Dit maak nie die organisering minder nie, maar met sulke ondersteuning maak almal dit beslis die moeite werd.

My opregte dank gaan uit aan al die instansies wat vir my toegelaat het om 'n advertensie by hulle op te sit asook 'n groot dank aan Spar wat vir Laerskool Gansbaai die bemarkingsmateriaal geborg het vir die Big2townmusiek-fees.  Baie dankie vir julle positiewe gesindheid met die aktiwiteite wat deur Gansbaai Laerskool aangebied word.  Dit word regtig baie waardeer.

Kom geniet die fees saam met u familie en vriende!

Feesorgansiseerder, Chrizulene van Niekerk
Navrae: 082 873 6889

'n Musiekfees word gebore vir Laerskool Gansbaai

Chrizulene van Niekerk

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles