Gansbaai Tennis

Gansbaai Tennis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op Saterdag, 8 Desember, het die Gansbaai Tennisklub hul jaarlikse tennisdag aangebied.

Vanjaar was dit ons 10de toernooi en het die meeste deelnemers nog gehad. Daar was altesaam 58 spelers wat in 3 afdelings meegeding het. Daar was spelers van die Strand, George, Ceres, Paarl, Hermanus, Montagu, Gauteng, Bredasdorp, Worcester, Swellendam, Bonnievale, Goudini, Kleinmond en selfs Duitsland!! Gansbaai-omgewing was die dorp met die meeste spelers. Dankie vir jul ondersteuning (veral die 3 junior spelers wat ook saam met ons gespeel het.


Links: Marie Nieman van Centurion wat ‘n strandhuis in Perlemoenbaai besit.
Regs: Eben Lourens van Gansbaai

Baie geluk aan al die wenners. Die uitslae was as volg:
Die A-afdeling is gewen deur Graham Stieger (Gansbaai) en Amorè Hansen (Kleinmond).
Die naaswenners was Hendrik Burmeister (Duitsland) en Emeke Stieger (Gansbaai).
Die B-afdeling is gewen deur Leon Meyer (Kleinmond) en Celia van Blerk (Kleinmond). Die naaswenners was Stan Voges (Bredasdorp) en Marina Snyders (Bonnievale). Jan Louw (Kleinmond) en Koba Dippenaar (Bonnievale) het die derde plek behaal.
Die C-afdeling is gewen deur Neville Koert (Gansbaai) en Desireè Blackburn-Hall (Gansbaai). Die naaswenners was Karriem Adams (Ceres) en Wilma Steenkamp (Strand).

Gansbaai Tennisklub en sy lede wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om mense en instansies/besighede te bedank vir hul bydrae en skenkings tot die sukses van die dag.

Ons groot waardering en opregte dank gaan aan: Shark Diving Unlimited, White Shark Projects, White Shark Aventures, Great White viewing & cage diving, Koos Geldenhuys van Old Mutual in Worcester, Gansbaai Marine, Gansbaai Spar, OK-foods, Fine&Country, Petrus eiendomme, Hermanus Liquor Stores, Belmont Cash&Carry, Kleinkaap kwekery, Dr C.Loubser, Fabriekswinkel, Knapsak (heerlike kos), Gerhard en Ansie Germishuys (sonder julle was ek verlore!), Piet en Elsabie Schoombie, Alta van Niekerk, Charl van Schalkwyk, Lisel Joubert, Pat Ronquest, William Low, Eben Lourens en Desireè Blackburn-Hall.

'n Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwe jaar word almal toegewens. Ons sien mekaar op die bane gedurende die vakansie-tyd of dan weer volgende jaar. Reis veilig.

Tennisgroete,  Daniel

Gansbaai Tennis

Daniel

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Sibongiseni’s Cleaning Business Gives Old Items New Life

Sibongiseni’s Cleaning Business Gives Old Items New Life

Sibongiseni has broadened his repertoire and cleans everything from shoes to mattresses in his business. 

Grootbos Foundation
Your Anger Was Trying to Protect You

Your Anger Was Trying to Protect You

Your anger never came as punishment.  

Baie Geluk, Juffrou Niveena!

Baie Geluk, Juffrou Niveena!

Juffrou Niveena is tans in Gauteng, waar sy vandag haar B.Ed. Grondslagfase-graad in ontvangs neem. 

Laerskool Gansbaai
Giving Our Worries a Place to Go!

Giving Our Worries a Place to Go!

At Masakhane Primary School, the children learnt about worries and how they can sometimes make us feel stressed or overwhelmed.

i-MED africa
Statement Cushions and Home Décor

Statement Cushions and Home Décor

Give your home a fresh look with our beautiful range of statement cushions.

Julz Leather Belts Available at Komtessa

Julz Leather Belts Available at Komtessa

Looking for a new leather belt?

Komtessa Boutique
See All Articles