Toerisme Boodskap

Toerisme Boodskap

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ons is dankbaar vir al die besoekers wat Gansbaai as vakansieplek gekies het, dit is `n voorreg om u (weer eens) hier in ons pragtige omgewing te kan ontvang.

Ek vertrou dat elkeen, asook ons plaaslike inwoners, 'n Geseënde Kersfees geniet het en steeds met oorgawe vakansie hou en lekker sal uitrus. Ek glo ook u voel tuis by ons en geniet alles wat ons pragtige omgewing u elke dag bied. Dit wissel van die natuurskoon, tot vele aktiwiteite, staproetes, grotte en die “agterpaaie” in die omtrek.

Daar is lekker eet- en kuierplekke in ons omgewing, selfs langs die grondpaaie, Baardskeerdersbos en verder. Ook die weer gee vanjaar iets van alles. Daar is ook baie musiek-vermaak vir die hele gesin, geniet dit. Besoek asseblief ons Toerismeburo (langs die Spar-sentrum), waar die vriendelike personeel wag met baie inligting en uitstallings oor wat om te doen en sien. Daar is ook interessante kaarte oor buitelug-roetes wat gevolg kan word. Skakel hulle gerus by 028-384-1439 of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net.

Ons webtuiste, www.gansbaaiinfo.com/ www.gansbaai.com kan ook besoek word. Ons gerieflike kantoorure is Saterdag,  29ste: 09:00-16:00; Sondag, 30ste: 10:00-14:00; Maandag, 31ste: 08:00-16:00; Dinsdag, 1ste: 09:00-14:00. Daarna sal dit weer die normale ure wees: Maandag tot Vrydag 08:30-17:30, Saterdae 09:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00. Ons plaaslike inwoners, besighede en diensverskaffers is gerat om u te laat tuis voel en in al u behoeftes te voorsien. Dwaal dus maar ook in die besighede rond en ontdek alles wat Gansbaai u kan bied.

Ons wens u elkeen 'n baie Voorspoedige 2013 toe, mag dit met elkeen van u baie goed gaan met alles wat u aanpak of beleef.  Dit is ook ons bede dat u reis huis toe ná die vakansie veilig sal wees, en dat ons u 'n volgende keer weer sal sien.

Johan Pieterse, (Voorsitter) en Komitee, Gansbaai Toerisme Buro

Toerisme Boodskap

Johan Pieterse, (Voorsitter) en Komitee, Gansbaai Toerisme Buro

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Sibongiseni’s Cleaning Business Gives Old Items New Life

Sibongiseni’s Cleaning Business Gives Old Items New Life

Sibongiseni has broadened his repertoire and cleans everything from shoes to mattresses in his business. 

Grootbos Foundation
Your Anger Was Trying to Protect You

Your Anger Was Trying to Protect You

Your anger never came as punishment.  

Baie Geluk, Juffrou Niveena!

Baie Geluk, Juffrou Niveena!

Juffrou Niveena is tans in Gauteng, waar sy vandag haar B.Ed. Grondslagfase-graad in ontvangs neem. 

Laerskool Gansbaai
Giving Our Worries a Place to Go!

Giving Our Worries a Place to Go!

At Masakhane Primary School, the children learnt about worries and how they can sometimes make us feel stressed or overwhelmed.

i-MED africa
Statement Cushions and Home Décor

Statement Cushions and Home Décor

Give your home a fresh look with our beautiful range of statement cushions.

Julz Leather Belts Available at Komtessa

Julz Leather Belts Available at Komtessa

Looking for a new leather belt?

Komtessa Boutique
See All Articles