9de Gholfdag vir Wynmakers

9de Gholfdag vir Wynmakers

Gansbaai Courant

Verskeie wynmakers, direkteure en administratiewe personeel vanuit die wynmakersgeledere het vanjaar hul 9de jaarlikse gholfdag op Kleinbaai se gholfbaan gehou.

Die groep Wynmakers na afloop van hulle jaarlikse Gholfdag, met die Bestuur 2de, 3de en 4de vlnr in die hurkende ry: Danie Marais, Olla Olivier en Altus le Roux

Hierdie jaarlikse instelling is aanvanklik deur Olla Olivier geïnisieer en die amptelike benaming van die "gholf-klub" is die Pirasien Classic Gholfklub. In die binnekringe van die wynbedryf spreek die naam "Pirasien" glo boek-dele, maar oor die inligting daaromtrent word "geswyg"! Wat van belang is, is dat dit jaarliks 'n baie gesellige dag is. Die meeste van die deelnemers vanuit die wynmakersgeledere het vakansie-huise in die omgewing en hulle beskou hierdie gholfdag as 'n baie spesiale dag. Die Bestuurspan wat vir die reëlings verantwoordelik is, is Olla Olivier van Clear Mountain, Danie Marais van Windmeul Wynkelder en Altus le Roux van Grotto Wyntoerusting.
Vanjaar was daar ietwat minder deelnemers, maar hulle was steeds 'n groot groep wat deelgeneem het.
Daar was 5 x 4 balspanne en 3 x 3 balspanne en hulle het vir 'n American Scramble ingeskryf. Etlike goeie pryse, wat nie te versmaai is nie, is gewen en elke deelnemer het heel tevrede met die vakansie voortgegaan.

Die hoogtepunt van die dag is die gesellige saamkuier en -eet na afloop van die spel.
Vanjaar se borge (alfabeties), was die volgende: Charl Terblanchè en Kobus Gerber van Distell, Gawie le Roux van Every Wine, George Smit van Wintrust, Gerhard Human van Bacchus vir die gholfhempies, JCR (Coenie) du Toit vir die die ete, Johan Conradie van Juvenal SA en Nehan Pretorius van Vinco vir hout-eetborde as pryse. "Dit was weer eens vir ons 'n gesellige dag en ons hartlike dank gaan aan Johan Coetzee en sy Bestuur van Gansbaai Gholfklub vir die jaarlikse gebruik van hulle gholfbaan," sê Olla.

Op 'n vraag aan die Wynmakers of hulle gholfspel op dieselfde standaard as die uitstekende wyne is wat deur hulle vervaardig word, moes die onderhoud-voerder tevrede wees met 'n heerlike gelag as antwoord.                    
Hardus Botha

9de Gholfdag vir Wynmakers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles