
Koor Eisteddfod
Baie geluk aan Laerskool Gansbaai Kinderkoor met jul pragtige Goue Diploma (86%) wat julle by die Overberg se Koor Eisteddfod verwerf het.
Die beoordelaars is vol lof en komplimente oor jul optrede, voorkoms en dissipline.
Julle maak ons trots.
Baie dankie aan Tannie Asanti en Tannie Carla vir jul harde werk en baie tyd wat julle gee vir ons skool se kultuurbevordering.
Baie dankie aan elke leerder en hul ouers vir soveel opofferings om betyds te wees vir oefeninge en optredes.
Die week van 7 tot 11 Augustus, neem ons "koorverlof". Daar sal hierdie week dus geen kooroefeninge wees nie.
- Gedeel via d6 Connect. Laai d6 Connect nou af vir die volle ervaring!











