Word of Arts Fees: Musiekgroep
Ons musiekgroep het ‘n unieke aanbieding gedoen waarin hul ‘n kombinasie van sang, orff-instrumente, asook "body and vocal percussion" gebruik het.
As instrumente is o.a. onderskeie tongklapklanke, sportballe en hul lyfies as perkussie gebruik waardeur ons leerders ritme-ontwikkeling, spanwerk en koördinasie uitgebou het.
Die groep bestaan uit die volgende leerders:
Rossouw Coetzer, Liahné Otto, Lia du Toit, Eben du Plessis, Liëtte Kotze, Gia Swart, Hanro Coetzer, Vera du Plessis, Kimberly Shambamuto en Leo Lutzeyer.

Hou aan om die Gansies se naam hoog te hou op kultuurgebied!











