Gansies skaakspanne ken hul skuiwe
Vandag het ons skaakspelers geskiedenis gemaak, met ons eerste skaak Interskole teen Laerskool De Villiers Graaff. Groot opgewondenheid het onder die 60 skaakspelers geheers. Laerskool Gansbaai se skaakspanne ken beslis hulle skuiwe as daar gekompeteer word.
Tydens vandag se Interskole het ons skaakspanne hul staal gewys en die skaak Interskole gewen!
Uitslae was as volg:
• Juniors wen 8½ - ½
• Seniors wen 14 - 6












