
Astroquiz
Laerskool Gansbaai se Astrogansies het vanjaar uitstekend gevaar. Hulle laaste rondte was op 7 September en hulle het 10de in die Wes-Kaap geeïndig. Hierdie groepie Gr7-Leerder daag enige iemand uit om hulle vas te vra oor die ruimte. Die Astroquiz word deur die South African Agency for Science and Technology Advancement (SAASTA) aangebied en Laerskool Gansbaai neem reeds sedert 2011 jaarliks daaraan deel.











