Golf Competition Results for 17 - 21 July 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 July 2024

Gansbaai Golf Club

Golf Competition Results for 17 - 21 July 2024 / Gholfkompetisie-Uitslae vir 17 -21 Julie 2024

Woensdag, 17 Julie 2024: Solly Wessels wen die Enkel Stableford Sloegterskompetisie met 34 punte, gevolg deur Joe Cesare 33, Hugo Groenewald 33, Andrew Dalgleish 32, Rene Myburgh 32, Philip Taylor 32, Johan Coetzee 31, Daan Victor 31, Clive Bailey 30, Leon Lombaard 28. Naaste aan die pen op no.11 was Joe Cesare (geel bof).

Image 1

Vrydag, 19 Julie 2024: Geen gholf as gevolg van die weer.

Saterdag, 20 Julie 2024: Daar was geen klubkompetisie as gevolg van die Bakleiliga wat op Gansbaai Gholfklub in hul Liga Finaal kom speel het. (Spelers met ‘n hc van minimum 18 en maksimum 28) Klubs wat deelgeneem het was Gansbaai, Bonnievale, Montagu, Swellendam, Bredasdorp, Theewaterskloof. Gansbaai span het teen Bonnievale in die finaal gespeel, en 3/0 gewen. Gansbaai Gholfklub is die 2024 Bakleiliga wenners! Veels geluk aan almal wat deur die jaar vir die span gespeel het. Die volgende spelers het in die finaal gespeel: Bev Swart (Ligakaptein), Bertie Laubscher, Rene Lambrecht, Hugo Groenewald, Johan Coetzee en Stephen Brown. Die dag was ‘n groot sukses met baie pret en lekker eet. Die manne bedank almal die drie pragtige dames vir die lekker ete - Gerty, Helga en Lizette. Dit was puik! Die ander pragtige dame wat die natgat so spesiaal gemaak het was Francis Swart. Dankie, lieflike dames, julle het beslis die dag onvergeetlik gemaak. Ons dank aan Heineken en Francois vir die bier, en Build It en Bertie vir Raka wyn. Dankie ou blou oë, dankie ou grote. Dankie aan ons Kaptein, Clive, wie ingestaan het vir Montagu, en Ian ons puik Kroegman. Dankie aan Leon Diedericks vir al jou hulp. Julle almal het gesorg vir ‘n manjefieke dag vol pret. Bev Swart is gekies as voorsitter van die Bakleiliga - mooi skoot, Bev.

Image 1

Overberg Brodie Liga: Gansbaai verloor 2.5 teenoor Arabella se 3.5. Die span was Pieter Loubser (Liga Kaptein), Willem Germishuys, Melvin Tobias, Francois vd Merwe, Corrie Avenant en Andre Hage.

Uitklopkompetisies: Christo Spanellis & Hannes Linde wen vir Wally van Coller & Solly Wessels in die American Scramble, en gaan deur na die volgende rondte.

Image 1

Sondag, 21 Julie 2024: Geen gholf.

Upcoming / Komende

Saterdag, 27 Julie 2024: Kompetisie is ‘n Bonus Bogey. 

Golf Competition Results for 17 - 21 July 2024

Gansbaai Golf Club

Gansbaai Golf Club in Kleinbaai offers a beautiful 9-hole (18-tee) golf course in between indigenous fynbos and the ocean. The course has a links-style layout with stunning sea views from most fairways. The club has permanent spectators, including resident Cape Grysbokkies, Anguilla tortoises and Ki...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles