SKAAK
Geluk aan ons Gansie-skaakspelers wat op Saterdag, 1 Februarie 2025 aan die Overberg Skole- & Federasietoernooi deelgeneem het. Die Gansies het in al vier kategorieë onder die top 3 geëindig.
O.7 Leroux Coetzer, 2de
O.9 Rossouw Coetzer, 1ste en Quade Crafford, 3de
O.11 Hanro Coetzer, 2de
O.13 Danielle Stevens, 3de
Danielle is aangewys as die beste damesspeler van die dag en Mieke Kotze as beste onder O.7-dogter.
‘n Spesiale dank aan al die spelers wat ons skool trots verteenwoordig het op die skaakbord!
Julle het beslis gesorg dat die skaakgroep 2025 goed begin - trots op elkeen van julle.