
ATLETIEK
Hiermee wil ons vir Liëtte Kotze baie gelukwens met haar opname in die Boland Atletiekspan 2025. Sy het Saterdag, 22 Februarie 2025 deelgeneem aan die Boland Atletiekbyeenkoms en 'n 4de plek in gewigstoot dogters O/10 behaal.
Alle sterkte vir die volgende byeenkoms wat op 8 Maart 2025 plaasvind.
Trots op jou, Gansie!









