Blog

'Splinternuwe' walvis vir Hoofstraat

'Splinternuwe' walvis vir Hoofstraat

Gans-Berg Nuus / News

'Splinternuwe' walvis vir Hoofstraat

“Die gehawende walvis voor Gansbaai DJOLOF Shop oorkant Gansbaai OK Foods pla my al vir die afgelope 15 jaar,” vertel Manny de Bruyn van TMS Bouers laggend. “Toe besluit ek genoeg is genoeg en ek pak die bul (of is dit nou die walvis?) by die horings!”

Manny, wat sê hy is nie 'n kunstenaar nie, het verf en ander benodigdhede gekoop en hy en een van sy werkers, Gift, het aan die werk gespring. Eers moes al die gate en stukkende plekke toegemaak en geseël word - verbygangers het die walvis as vullisblik gebruik met papiere, bottels en sigaretsompies wat in die gate gedruk is (Aitog!). Daarna het die verfwerk gevolg.
Manny het ogies ingeskilder, die pens mooi wit geverf, die wit strepe geverf en sommer die staander waarop die walvis gemonteer is, ook netjies geverf - en siedaar, 'n 'splinternuwe' walvis!

Manny is 'n ou bekende bouer in Gansbaai, met TMS Bouers wat sowat 26 jaar gelede in 1999 gestig is - hy is ook 'n getroue ondersteuner en adverteerder van die Gans-Berg Nuus. Netjiese bouwerk is ook al deur hom by Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes gedoen - waar hy op 'n stadium potjiekos vir die inwoners gemaak het, met 107 mense wat daaraan kon smul! Ons sê baie dankie aan Manny vir sy omgee vir die gemeenskap. 

Hardus Botha

'Splinternuwe' walvis vir Hoofstraat

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
Global Chess Stars Spark Inspiration for Local Learners

Global Chess Stars Spark Inspiration for Local Learners

Our most surprising update comes from a board game that has reinvented itself as a global sport - freestyle chess!

Grootbos Foundation
Pearly Beach is Ready for the Festive Season!

Pearly Beach is Ready for the Festive Season!

The natural beauty of Pearly Beach is shining brighter than ever as we welcome the festive season. 

Join us this Festive Season at Die Wielhuis

Join us this Festive Season at Die Wielhuis

Come visit us this December!

Die Wielhuis
See All Articles