
SPORT
Dit is vir Laerskool Gansbaai 'n groot voorreg om te berig dat beide gimnasiums in Gansbaai, Boss Fit en Health and Active, vanaf hierdie jaar betrokke gaan wees by die fiksheid van ons Gansie-atlete.
Baie dankie aan Jaco Louw en sy Boss Fit-span, sowel as SJ Duvenhage en sy Health and Active-span vir jul waardevolle ondersteuning van skolesport en die bevordering van fiksheid by Laerskool Gansbaai, asook ons gemeenskap.
Jul betrokkenheid maak ’n groot verskil en word opreg waardeer!