LANDLOOP
'n Baie goed georganiseerde Liga 3 is op Woensdag, 14 Mei by Rûens Kollege aangebied. Ons Gansie-atlete het ons weereens trots gemaak. Die volgende atlete het onder die top 6 posisies geëindig:
DO/9: Mieke Groenewald 2de; Pippa Pretorius 5de
SO/10: Micah Fisher 5de
DO/10: Liëtte Kotze 3de; Isabella Beets 5de
D0/11: Lucadin Jansen 4de
SO/13: Chris du Toit 5de
DO/13: Esmé Collins 3de; Ninke Kotze 4de
DO/14: Janica du Toit 5de
Baie geluk aan elke atleet wat elke wedloop voltooi het. Hou aan om so hard te werk en in jouself te glo!