SPORT
Die Gansies het op Donderdag, 22 Mei, vir die eerste keer wedstryde gespeel teen Laerskool Uitkyk, Greyton en daar was groot opgewondenheid onder elkeen. Ons verwelkom hulle met ope arms in ons liga en sien uit om in die komende jaar weer kragte te meet. Uitslae was as volg:
Rugby:
0/9 wen
0/11 wen
0/13 verloor
Netbal:
0/9A wen
0/12A wen
0/13A wen
Ons is trots op ons Gansies wat soveel sportmangees toon en elke wedstryd geniet, ongeag wen of verloor!