Blog

Dames bring Lig en Hoop

Dames bring Lig en Hoop

Gans-Berg Nuus / News

Dames bring Lig en Hoop

Vanjaar se L2L (Lighthouse 2 Lighthouse Ladies) se hoofstap vanaf Agulhas Lighuis na Danger Point Lighuis (100km oor 4 dae) was ten bate van Huis Lettie Theron Tehuis vir Bejaardes in Hermanus. Hulle oefenstap vooraf was ten bate van BARC (Birkenhead Dierereddingsentrum) in Gansbaai en KAWS (Kleinmond Dierewelsynsvereniging) in Kleinmond. Hierdie oorhandigings het weer diep dankbaarheid tot gevolg gehad. 

Die L2L-Superdames het, tydens 'n prestige funksie in Hermanus Gholfklub se saal, die enorme bedrag van R700 000 aan Huis Lettie Theron in Hermanus oorhandig - dít wil gedoen wees! Om hulle liefde en omgee vir diere te bevestig, het BARC en KAWS elk 'n groot hupstoot van R20 000 elk met groot dankbaarheid ontvang!

“Ons hoofbegunstigde vir 2025 is Huis Lettie Theron Tehuis vir Bejaardes,” het Tamara Stofberg van die L2L Dames gesê. “Hulle beplan om die geestesgesondheidsorgeenheid uit te brei vanaf akkommodasie vir 16 persone tot 23 persone.” Die Tehuis beplan ook 'n meer funksionele en aangepaste eetarea, wat verskeie funksies, soos 'n leefarea, toegewyde besoekarea en ontspanningsarea sal bied. “Die twee oorblywende begunstigdes, BARC en KAWS, is deur die L2L-stappers self gekies om hulle met die versorging van ons diere te ondersteun,” het Tamara gesê.

Die funksie het gesellig verloop en die borge, stappers en ander gaste het hulself terdeë geniet. Die drie hoof-organiseerders, Tamara Stofberg, Karin Butler en Jennie Vorster het om die beurt oorhandingings en bedankings gedoen. 'n Groot hoeveelheid geskenke is as blyke van waardering aan borge oorhandig.

Die smaaklike ete is op 'n interressante wyse aangebied. Kleurkaarte is as die 'menu' met óf 'Butter chicken' met bykomstighede, óf 'Braised beef short ribs' met bykomstighede is deurmekaar aan die gaste uitgedeel. Die kaart wat voor jou beland het, was jou 'bestelling' - heel prettig en interessant, maar altwee die geregte was puik! As nagereg is 'Red velvet cupcakes', met 'n verleidelike, room-kaasversiersel bo-oor, bedien.

Die L2L-Superdames (Lighthouse 2 Lighthouse Ladies) is 'n nie-winsgewende, geregistreerde groep dames in Hermanus, Wes-Kaap. Hulle is by 'n hele aantal fondsinsamelingsprojekte betrokke, waarvan die belangrikste een die jaarlikse 100km-stap oor 4 dae ten bate van 'n liefdadigheidsorganisasie is. Hulle beskou hulself nie as 'n liefdadigheidsorganisasie nie, maar as 'n entiteit om fondse vír liefdadigheid in te samel. Die keuse van 'n begunstigde organisasie, is 'n oop proses waar gevra word vir bepaalde voorstelle, met die nodige motivering. Die dames wat stap, stem dan vir die begunstigde wat hulle wil ondersteun. Die naaswenner/s ontvang 'n bedrag uit die opbrengs van hulle amptelike oefenstap wat voor die hoofstap plaasvind. Om hierdie fondse in te samel, moet elke deelnemer wat die L2L wil stap, 'n borgskap van minstens R4 000 insamel, met sommiges wat selfs baie meer insamel. Besighede word ook vir borgskappe genader. Die L2L Ladies word allerweë as 'n groep gewaardeerde en gerespekteerde dames in die Overstrand-gemeenskap beskou. Besoek gerus hulle webtuiste by https://lighthouse2lighthouse.co.za/product/l2l-awards-evening-2025/.

Die Redaksie van die Gans-Berg Nuus wens hierdie groep 'Supersterre' eerstens baie geluk met hulle suksesvolle stap, maar neem ook met dankbaarheid kennis van die mildelike skenkings aan genoemde organisasies - en ons sê uit een mond: “Bravo, L2L Ladies, bravo!”

Hardus Botha

Dames bring Lig en Hoop

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
Global Chess Stars Spark Inspiration for Local Learners

Global Chess Stars Spark Inspiration for Local Learners

Our most surprising update comes from a board game that has reinvented itself as a global sport - freestyle chess!

Grootbos Foundation
Pearly Beach is Ready for the Festive Season!

Pearly Beach is Ready for the Festive Season!

The natural beauty of Pearly Beach is shining brighter than ever as we welcome the festive season. 

Join us this Festive Season at Die Wielhuis

Join us this Festive Season at Die Wielhuis

Come visit us this December!

Die Wielhuis
See All Articles