Donderdagoggend-uitstappie
Die Graad 7's het vandag, 19 Maart, die African Penguin Sanctuary sowel as Great White House besoek. Ons het na 'n interessante lesing oor die bedreigde Afrika Pikkewyn geluister en is daarna na GWH waar Dr. Lorraine Shuttleworth die leerders ingelig het oor walvisse. Toevallig het Willie Koordts en Johan le Roux van RSG se Sterre en Planete ook GWH besoek en kon die Astroquiz Gansies hulle ontmoet. Ons dank aan Marine Dynamics wat ons met ope arms ontvang het.
















