
Trotse Gansies op pad na SA Junior Closed Chess Championship 2026!
Drie van ons trotse skaak-Gansies is genooi om vanaf 28 Maart tot 2 April aan die SAJCCC (South African Junior Closed Chess Championship) deel te neem.
Die toernooi word aangebied deur die Noordwes Skaakfederasie in samewerking met Skaak Suid-Afrika en vind plaas in Rustenburg by Kgaswane Country Lodge.
Ons wens julle drie baie sterkte toe - speel met selfvertroue en hou die Gansies se naam hoog met elke skaakmat!
Ons is ongelooflik trots op julle. Geniet dit en bly veilig!
Op die foto is vlnr: Leroux Coetzer (o.8), Isabelle de Villiers (o.10) en Hanro Coetzer (o.12)!











