Gansies Shine in 5th League Round
Die Gansies het op 21 Mei hul 5de rondte ligawedstryde teen Mount Pleasant Primêre Skool gespeel. Dit was ’n lekker en opwindende dag van sport, al was die omstandighede nie altyd gunstig nie.
Ons is baie trots op ons Gansies wat deurentyd ons skool se naam hoog gehou het deur uitstekende sportmangees, respek en ’n positiewe gesindheid te handhaaf. Alle spelers het hul beste gegee en tot die einde deurgedruk.
Baie dankie aan Mount Pleasant Primêre Skool vir hul gasvryheid en vriendelike ontvangs met ’n lekker koppie koffie en ’n heerlike donut. Dit word opreg waardeer.
Baie dankie ook aan al die spelers, afrigters, ondersteuners en ouers vir julle ondersteuning.
Hou so aan, Gansies!













