Blog

Mad Hatters van Gansveer

Mad Hatters van Gansveer

Gansveer Poetry Group

Mad Hatters van Gansveer

MAD HATTERS VAN GANSVEER ……WAT. ’N. AAND!!!

As jy ooit wou weet hoe dit lyk as volwassenes hul volle kreatiewe lawwigheid ontketen… wel, vanaand was die bewys!

Die hoede (meeste van hulle op nommer 99 voltooi) was glorieryk, skreeusnaaks, en totaal onvergeetlik en kreatief!

Die musiek van Natalie Dominique was soos altyd ’n wen, die kos en nagereg het ons weer laat lippe lek, die poeding was soet en spicy saam, en die hoede… wel… dáár gaan ons nog maande lank oor praat.

Hier is net ’n paar hoogtepunte van die hoed-chaos:

Arista het ’n hoed uit pure huishoudelike items gebou. 

’n DIY meesterstuk wat basies sê: “Welkom in Gansbaai, hier improviseer en doen ons!”

Loutjie, ons man-wat-altyd-’n-pet-dra, het natuurlik sy handelsmerk eer aangedoen. As jy hom soek? Volg die pet.

Marinda het Afrika-ritme gebring met luiperdkolle en haar eie kameelperd-gids. ’n Safari op ’n hoed.

Joey - aka Miss Dandelion - het haar hoed geskep uit ’n sushi rolmat, stokkies en wit plastiek… en toe sommer dandelion blessings uitgedeel. Pure magic!

Jackie het die kleur groen besing met haar hoede skepping, soveel so dat selfs die gras op n manier  onderpresteer met chlorofil. n Natuur-hoed waarna selfs  “nature-hiker” sal smag! Amazingness!!

Susan het nie een nie… maar DRIE hoede binne mekaar vasgeanker. Haar gesig was so kleurvol omraam, selfs die serpe het begin stories vertel.

En dan natuurlik… Dries.

Hy het Piet Croucamp sy gat laat sien met sy mondering, letterlik een tree voor, want waar Piet sy kaalkop onder ’n bedekking probeer wegsteek… Dries het opgedaag às die opgradering!

As daar ’n prys was vir “Hoed-wat-Piet-laat-bloos,” sou Dries dit met gemak gevat het.

Marianne het haar hoed vergeet… maar wie het ’n hoed nodig as jy ’n NEKKUSSING in jou motor het? Innovasie op n ander vlak !!!

Glenda het die Kersfees vibes aan gesit. Haar hoed was vrolik genoeg om Joe Cocker aan te moedig om nog n hoede lied te skryf!

Diana se hoed was ’n hele vlindertuin van hoop en kleur. ’n Lentefees op haar kop.

Natalie het voluit gegaan en sommer haar hoed en mondering by die nuwe boek aangeknoop, stylvol, slim en dramaties.

En ek? My hoed was ’n verlengstuk om ’n paar sentimeter langer te wees. Moet mens maar doen wat mens moet doen, né? Nee, eintlik ook n nommer 99! Want die week was fast forward gewees!!!

All in all… ’n STUNNING aand vol lag, liefde, kreatiwiteit en absolute lawwigheid van die beste soort!

HOEDE-WENNERS:

IEDER een. Regtig. Julle almal het gewen - want wie anders loop met sulke meesterstukke rond?

PRYSWENNERS:

1ste plek - Mari
2de plek - Arista
3de plek - Joey
4de plek - Marinda

Mad Hatters van Gansveer

Gansveer Poetry Group

Gansveer is a poetry group in Gansbaai, where words come to life through shared expression and storytelling. The group celebrates multilingual creativity, including Afrikaans and other languages, with English serving as the shared language to ensure inclusivity and clarity. Gansveer focuses on expre...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Research Team Assessing Invasive Regrowth

Grootbos Research Team Assessing Invasive Regrowth

From invasive plant monitoring to rare fynbos flowers, every field survey helps protect our unique biodiversity.

Grootbos Foundation
Tickets for Chelsea Flowers in Stanford 2026

Tickets for Chelsea Flowers in Stanford 2026

Tickets are now available to experience Leon Kluge’s award-winning Life After Fire fynbos exhibit in Stanford.

Grootbos Foundation
Why the Same Relationship Patterns Keep Repeating

Why the Same Relationship Patterns Keep Repeating

Healing yourself transforms every relationship.

The Moment You Discover Your Power

The Moment You Discover Your Power

Awareness transforms fear into freedom.

A Beautiful New Chapter for Gansbaai Harbour

A Beautiful New Chapter for Gansbaai Harbour

Community partnership transforms harbour spaces.

See All Articles