Gansbaai o.13A Netbalspan Kry Nuwe Baadjies
Netbalspan spog met nuwe baadjies.
Die o.13A-netbalspan wil met groot waardering 'n hartlike dankie sê aan Build It Gansbaai vir hul spoggerige nuwe baadjies, die span en afrigters dra dit met trots!
Vele dank ook aan AK Kitchens en Core Gansbaai, wat saam met Build It Gansbaai die span se pragtige netbaluitrustings vir hierdie jaar moontlik maak.
Dankie vir julle ondersteuning om ons Gansies-span te laat blink!








