
Gansbaai se Daniël Blink vir die Wes-Kaap Kavaliers Tennisspan
Baie geluk aan Daniël met sy uitstekende prestasie as deel van die Wes-Kaap Kavaliers Tennisspan!
Daniël en sy dubbelmaat, Ruben Nel van Calvinia, het albei hul wedstryde teen WP gewen. Hy en sy gemengde dubbelmaat, Wilmi Burger van Montagu, het ook albei hul wedstryde suksesvol gewen.
Ons is ongelooflik trots op Daniël wat hierdie geleentheid met albei hande aangegryp en met harde werk, toewyding en deursettingsvermoë uitstekende tennis gelewer het.
Baie geluk met hierdie besonderse prestasie. Mag daar nog baie sukses op die tennisbaan voorlê!
Harde werk. Toewyding. Sukses. Welgedaan, Daniël!











