
Gansies (be)koor by Kalfiefees
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Saam met Luna Paige en Illimar Neitz het die Bluesklanke deur Onrus se De Wetsaal weergalm.
Stiaan en Jana Fourie sowel as ons vorige hoofseun, Jan-Dawid du Plessis, het geskitter as kitaarspelers.
Asanti Smit, die Gansies se koorafrigster en -leier, kan met reg trots wees op haar groep.
Ons sien met opgewondenheid uit na die KykNet Fiesta-uitsending van dié besondere vertoning.












