Komiteevergadering 11 Augustus 2026
Hier is ’n kort opsomming van die belangrikste punte uit die komiteevergadering:
• Nuwe gholfkarretjies word op 1 September afgelewer.
• Lizette de Lacey begin op 1 September met spyseniering.
• ’n Nuwe kroegdame, Christelle Bezuidenhout, is aangestel.
• Julie se finansies toon verbeterde inkomste en laer uitgawes teenoor verlede jaar.
• Die klub het tans 226 lede.
• Die Beeskraal Ope Gholfdag is verskuif na 3 Oktober 2026.
• Die Inter Dorp-kompetisie vind op 23 Desember 2026 plaas.
• Werk aan die baan vorder goed, met die setperke en Kikuyu-gras wat mooi herstel.
• Verdere instandhouding van die baan en geboue word beplan.
Lees die volledige notule vir al die besonderhede en besluite hier.









