Seestrome 2015: Vrouediens van die NG gemeente Gansbaai

Seestrome 2015: Vrouediens van die NG gemeente Gansbaai

NG Kerk Gansbaai

“Verwelkom verandering as jou vriend . . .  Moet nooit ophou om nuwe dinge te leer nie; moet nooit die kans om te groei, verspeel nie – dit is die sleutel tot ‘n fassinerende lewe.”  Hierdie wyse woorde van Alexander P. Seversky  (1874 – 1974)  is werklik van toepassing op die vrouediens van die NG Kerk, Gansbaai.  Ons streef daarna om nuwe dinge te toets, soos bv. temas en sprekers vir ons funksies en ons doen moeite om groei - veral op geestelike gebied – te stimuleer.

In die eerste plek dank ons ons Hemelse Vader vir sy groot genade en oorvloedige seën op al ons aktiwiteite in die afge-lope jaar.  Verskeie baie geslaagde funksies/geleenthede is in 2015 aangebied.  Daar was die algemene byeenkoms op 24 Februarie met die baie aktuele tema:  “Ouer word is nie vir sissies nie.”  Hierdie gesellige funksie is deur Franskraalstreek aangebied.  Dan was daar ons Vrouesondag op 10 Mei, waartydens elke vrou ‘n baie oulike boekmerkie ontvang het. Die gemeente-ete op 19 Julie (deur Kleinbaai-streek aangebied) was ‘n fees met heerlike kos en lekker vet porsies!  Die afsluitingsfunksie op 27 Oktober (deur die De Keldersstreek aangebied) was eweneens ‘n fees met heerlike vrugteslaai en roomys en Piet Schoombie as besielende gasspreker.

Die kersie op die spreekwoordelike koek vanjaar was egter ons Vrouedag op 8 Augustus! Randall Wicomb was ons gas, en was dit nie net ‘n wonderlike oggend propvol inspirasie, intense genot, deernis en diepe verryking nie!  Al die streke het saam hierdie funksie aangebied, en die 3-gang-maaltyd was werklik “uit die boeke”!   En met hierdie funksie het die GROOT VERANDERING in die vrouediens se bedrywighede plaasgevind!  Ons het die mans uitgenooi na ‘n vroueoggend

. . . en hulle het dit wel terdeë geniet!  Ons het net positiewe terugvoering gekry.  Dus, in die toekoms maak ons weer so: Of die manne  dit  nou wil weet of nie:  Ons gaan hul weer na ons Vroueoggend uitnooi!  Baie dankie ook aan ons manne wat ons ondersteun en bystaan. Die vrouediens was voorts ook betrokke by heelwat ander aktiwiteite, soos die teebediening na afloop van die Pinksterbidure, asook die teedrinkgeleentheid met dr. Bobo van Zyl se afskeid, ens.

Die vrouediens het egter ook sy eie finansiële verpligtinge:  Daar is die jaarlikse sinodale aanslag, asook jaarlikse geldelike  toekennings aan verdienstelike sake, soos bv. die assesserings-, alimentasie- en opvoedingsfondse, Gansbaai-Maatskaplike Dienste, die Laerskool Okkie Smuts, Huis E by die Robertson-kinderhuis, en talle ander instansies. Ons enigste bronne van “inkomste” is die “wins” wat ons met die gemeente-ete,  die Vroueoggend en ons 5 pannekoekbeurte by die Vrydagmark maak. Gelukkig is daar darem ook donasies en kollektes by ons algemene  vergadering en die afsluitingsfunksie.

Al ons vroue word opnuut uitgenooi om aktief by die vroue-diens betrokke te raak!  Ons het julle hulp so bitter nodig . . .  Daar is talle projekte waarby ons ons gewig kan ingooi, soos bv. Laerskool Okkie Smuts (Tans is daar 20 behoeftige kinders van Gansbaai in die koshuis.), Huis E van die Robertson-kinderhuis, om nie eens te praat van ons uitreik-aksies nie: Transkei en die Makhathini-vlakte waar groot nood heers, en plaaslike sending (kerkdienste op plase in die omgewing, ‘n Kersete vir Silwerjare, ens.)

Leo Tolstoi het gesê:  “Almal droom daarvan om die wêreld te verander. Min sal droom dat dit by hulleself moet begin.”  Die vrouediens het dan ook hierdie DROOM en STREWE:  As elke vrou (jonk en oud)  net self  begin en betrokke raak – in hoe ‘n geringe mate ook al -  KAN en SAL ons vroue ‘n groot VERSKIL en VERANDERING in ons  gemeenskap teweeg kan bring.

Die vrouediensbestuur wens almal ‘n baie geseënde Christus-fees en ‘n pragtige 2016 toe!

Seestrome 2015: Vrouediens van die NG gemeente Gansbaai

Hettie Oosthuizen

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles