Eileen’s Eet en Geniet

Eileen’s Eet en Geniet

Gans-Berg Nuus / News

Eileen’s Eet en Geniet

-Vir ‘n ‘groot’ ontbyt-

Eileen het skaars haar tweede verjaarsdag in die C-Siggebou gevier, of sy besluit om te verhuis as gevolg van onsekerhede rakende die gebou wat opgeduik het. Op 9 Augustus 2022 verhuis sy na die Nic Mar Sentrum in Dirkie Uysstraat, met die amptelike opening op Saterdag, 29 Oktober 2022.

“Die amptelike opening was vir my ‘n groot sukses,” vertel Eileen. “Ek het my spesialiteit, ‘n behoorlike ontbyt, teen ‘n groot afslagprys aangebied.” Dit is egter nie al nie, sy het die middag afgesonder vir ‘n gesellige bring-en-braai. Sy het egter die braaivuur, slaaie en ander bykomstighede verskaf.

Dit was een groot geselligheid en Eileen sê sy was ‘volhuis’. DJ Kenzo, ‘n nuweling in Gansbaai, het homself uitstekend as die DJ van die dag gekwyt. Dit was hierdie jongman se eerste optrede in Gansbaai. Hy vertrou om bekendheid hier te verwerf en gereeld as ‘n DJ op te tree.

 
Die mens agter die disse

Eileen se eggenoot, Matkey is ‘n gebore Gansbaaier, maar Eileen is nou sowat 5 jaar in Gansbaai. “Ek het voorheen lank by Nadien Hickman van Fynbos Coffee Shoppe by die hawe gewerk,” vertel sy. “Dit is by haar waar ek my inspirasie vandaan gekry het om op my eie te gaan.” Sy sê haar spesialiteit is ‘n behoorlike ontbyt en daarop fokus sy voluit.

Eileen’s Eet en Geniet kan in die Nic Mar Sentrum in Dirkie Uysstraat (tussen Mark- en Voortrekkerstrate) besoek word, of skakel haar gerus by 074 709 3395.

Image 1
Eileen en haar personeel.
Image 2
Eileen (links) op die openingsdag.
Image 1
DJ Kenzo wat die openingsdag opgekikker het.
Image 2
‘n ‘Groot’ ontbyt vir die openingsdag.
 
Hardus Botha
 
Eileen’s Eet en Geniet

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Where Ideas Become Opportunity

Where Ideas Become Opportunity

Grootbos Foundation's update this week is short but full of delightful highlights.

Grootbos Foundation
Outgrow What’s Holding You Back

Outgrow What’s Holding You Back

You’re constantly second-guessing yourself at work.

Golf Competition Results for 8 - 11 April 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 April 2026

Golf Competition Results for 8 - 11 April 2026.

Gansbaai Golf Club
When You Work With a Narcissist

When You Work With a Narcissist

You start to question yourself.

SASSI Sustainable Seafood in Gansbaai

SASSI Sustainable Seafood in Gansbaai

At The Great White House, we are conscious of the seafood we serve...

Great White House
Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles