Laerskool Gansbaai se jaarlikse 4X4 kompetisie vind hierdie jaar weer by die pragtige Murasie op 3 September plaas. Inskrywings is oop en kan gedoen word by Elna, elna.lsg@gmail.com.
Ons het lekker groot borge, onsder andere Overcell (Vodacom), Supa Quick en Michellin wat weer beteken lekker pryse!!.
Inskrywingsfooi is dieselfde as laas jaar - R250 per voertuig. Besoekers is welkom @ R10 per motor.
Navrae vir stalletjies vir die dag kan gedoen word by Maryke, 083 706 9730, teen R150 per stalletjie.