Uitverkiesing en roeping

Uitverkiesing en roeping

NG Kerk Gansbaai

Skriflesing: 1 Petrus
Teks: 1 Petrus 1:1: “Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld …”
1 Petrus 2:9: “Julle is ‘n uitverkore volk … die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na Sy wonderbare lig …”
Aantekeninge by die teks: let op die gedagte van “uitverkorenheid”; en let op die gedagte van “roeping”.

Dit is vandag Hervormingsondag. Ons vier die genade dat ons as gemeente (NG Kerk) ‘n gemeente van die Hervorming/ Reformasie is: dit is waar ons wortels is (daarom ook die “gereformeerd” in die naam van ons gemeente – “Nederduits Gereformeerde Kerk”).  

Ons roep op Hervormingssondag, elke jaar, met dank aan God, die name op uit die kerkgeskiedenis wat vir ons betekenis het: ons kerkvaders: Martin Luther, Johannes Calvyn, en andere - mense wat met die Bybel (ja, met die Bybel as kennisbron: Woord van God!), die grondslag vir ons geloofstradisie gelê het.  (Die Bybel in ons moedertaal: ‘n vrug van die Reformasie; terloops: ons vier vanjaar die tagtig jaar van die Bybel in Afrikaans,1933 ).

Ons geloofstradisie, soos ons dit ken, wat gebou is op die bekende pilare:
Die Woord alleen!
Christus alleen!
Genade alleen!
Geloof alleen!

Ek wil vanvanoggend begin deur die punt te maak: dat dit wat onderskeidend kenmerkend is van die geloofstradisie wat die vrug van die Hervorming/ Reformasie is, en waarin ons gemeente staan, is dat dit die Leerstuk van die Uitverkiesing  as ‘n kernleerstuk het.
Ons word geleer (onderrig, gekatkiseer) in ons geloofstradisie om aan onssself – in ons verhouding met God - te dink as “uitverkorenes”.)
Ons word geleer om in verhouding met God hierdie identiteit te leef: ons is uitverkorenes – deur God uitverkore; ek is ‘n uitverkorene – deur God uitverkore. 

Wat die Leerstuk van die Uitverkiesing betref, wil ek vanoggend ook weer uitwys dat dit vir ons ten diepste twee betekenisse het. 
Een: dit help ons om troos te vind in ons verhouding met God (soos ons in die Heidelbergse Kategimus daaroor praat: ons “enigste troos”).
Twee: dit help ons om ons lewens te leef met ‘n roeping.

EEN: Die Leerstuk van die Uitverkiesing help ons om troos te vind  in ons verhouding met God.

Sê: die Leerstuk leer ons om in die woord “uitverkiesing”, ‘n evangelie te hoor! (evangelie wat beteken: “blye tyding”);
Sê: deur hierdie Leerstuk onderrig, hoor ons in die woord “uitverkiesing” ‘n evangelie vir sondaarmense!
Sê: ons hoor die evangelie van God se (genoeg!) genade vir die (grootste!) sondaar.

(Lees die brief aan die Efesiers: hoe die Bybel oor die uitverkiesing praat)
Hoor ons “uitverkiesing” (en daarmee saam: “ons is uitverkorenes!”), hoor ons hierdie boodskap: Dat God (in die Raadsale van die hemel) die keuse gemaak het om die sondaarmens met Hom te versoen (die sondaarmens verlore/ dood in sy sondigheid en sonde); dat God ‘n uitweg bedink het, om in plaas daarvan om die sondaarmens te verdoem, die sondaarmens met Hom te versoen. (verbond van genade).    

Hoor ons “uitverkiesing”, hoor ons: Dat God die Vader se (nogtans-) liefde vir die sondaarmens, God die Vader se barmhartigheid,  vir Hom daartoe beweeg het om hierdie uitweg in die Raadsale van die hemel te bedink – hierdie uitweg wat vir die sondaarmens verlossing/ redding/ bevryding in sy verhouding met God bring; verlossing, redding, bevryding wat ten diepste neerkom op vergifnis van sonde vir die sondaarmens, en die reiniging van die sondaarmens van alle ongeregtigheid.

Hoor ons “uitverkiesing”, hoor ons: Dat God die Seun in die Raadsale van die hemel Homself bereid verklaar het  (“ja!’ gesê het) om in die wêreld te kom as die Lam van God; as die Christus van sondaars … ; om die genoegsame Offer te bring wat die versoening tussen God en sondaarmens kon bewerk …

Hoor ons uitverkiesing, hoor ons dat God die Heilige Gees in die Raadsale van die hemel  getaak is om met sondaarmense bemoeienis te maak, mense op te soek,  mense te oortuig om die versoening wat God bewerk het,  te aanvaar, en om hulle te help om in hulle verhouding met God nuut te leef vanuit hierdie versoening. 

Ja, die Leerstuk van die Uitverkiesing verkondig aan ons evangelie – en: dit bied aan ons troos in ons verhouding met God! (Sê: versekering; sielerus; vrede; hoop).

Op hierdie punt - kyk hoe die Liedere/ Gesange wat ons in ons geloofstradisie sing hierdie (uitverkiesings-) troos! vasvang:
Die ou Hallelujaboek: Bring my die ou, ou tyding
Bring my die tyding saggies; laat my daar stip op let; ek is ‘n arme sondaar; slegs Jesus kan my red; bring my die tyding telkens, sodat dit my kan wees
‘n bron van troos en sterkte; veral in smart en vrees …

Blye versekering, Jesus is myn; o watter vreugde, heerlik en rein; wedergebore, rein deur Sy bloed; smaak ek Sy vrede in my gemoed”

Ek sien ‘n poort wyd ope staan
En deur die aardse duister; bestraal ‘n kruis my lewensbaan, met wonderskone luister
Genade Gods, so ryk en vry
Die poort staan ope ook vir my!
Vir my, vir my, staan ope ook vir my …!”

Die Gesangboek (nou die Liedboek)
Heugelike tyding
Hoe in skuld gebore
Hoe geheel verlore
hoe geheg aan kwaad
Hoe deur vrees bevange, kom met jou verlange, hier is hulp en raad: God vergeef, die Middlaar leef; daar is vir ons skuld en sonde
Heil in Jesus wonde”

Jesus, Rots vir my geslaan …
Leeg, net met my sondelas, hou ek U verdienste vas; ek kom om vergewing vra, U het ook my skuld gedra …”

Grote God aan U die eer 
“In genade, groot en ryk, bou U Heer U koninkryk;
Voordat ek kon kies, kon vra, het U Seun my vloek gedra; Ek kon vind U’t my gekry, voor ek nog my skuld bely

Gesang 244 : Alles, Alles is genade … (gaan lees dit!)

(Die Leerstuk van die Uitverkiesing wat vir ons leer om aan onsself te dink as uitverkorenes van God; wat vir ons leer om vanuit hierdie identiteit te lewe: “ek is ‘n uitverkorene van God!”  …, is dan ook die fondament waarop die gemeente (met wortels in die geloofstradisie van die Hervorming) gebou is: die gemeente, ons gemeente -  ‘n versameling van sondaarmense … wat geleer word om ons (enigste) troos, ons vrede, ons hoop in verhouding met God vind in die evangelie van God se genade vir ons …
Die gemeente, ons gemeente, wat saamgetrek word rondom evangelie Woord en sakrament: kansel; nagmaalstafel en doopvont!
Ek is ‘n uitverkorene   ek is ‘n sondaar, maar ek is (juis dan ook daarom) ‘n uitverkorene …!).

TWEE: Die Leerstuk van die Uitverkiesing leer ons ook om ons lewens met ‘n roeping te lewe.  
Die is die groot saak waarom dit by die apostel Petrus gaan as hy oor die Uitverkiesing skryf …

Geroep om God se mense in die wêreld te wees …
Anders te wees/ alternatiewe mense … wat ander pad loop, ‘n ander pad loop …
Anders dink, anders kyk, anders praat, anders doen …

Geroep om God se mense te wees in die samelewing wat betekenis gee aan die naam      “christen” …

In ons huise; gesinne en huwelike
In ons beroepe (werksplekke)
In ons burgerlike lewens …

In ons gemeentelike verbondenheid …

Hierdie roeping wat dan ook aan ons lewens doel (purpose) en sin (meaning) gee.

Kom ons gaan vandag huistoe met ons teks – bedink dit verder; kniel daarmee …

Amen.

Uitverkiesing en roeping

Dr Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Find Your Dream Home: Explore Our Range of Properties Today!

Find Your Dream Home: Explore Our Range of Properties Today!

Dive into our selection of available properties and find the perfect home that matches your lifestyle and preferences.

Great News! These Puppies Found Their Forever Homes!

Great News! These Puppies Found Their Forever Homes!

Thanks to your support, all the adorable puppies in our photos have been adopted!

BARC Animal Welfare
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

In Deel 10 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

If you're an aspiring entrepreneur, you've probably taken all the necessary steps to start your business. 

Affordable Second-Hand Clothing and Shoes

Affordable Second-Hand Clothing and Shoes

Exciting news! Belle Vous has just received a fresh batch of second-hand clothing and shoes.

Belle Vous
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 18 April 2024

Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 18 April 2024

Ready for an adrenaline-packed Thursday? 

See All Articles