Blog

Derby- en Rooiduif-wedvlug: Groot Geld en Spanning

Derby- en Rooiduif-wedvlug: Groot Geld en Spanning

Gans-Berg Nuus / News

Derby- en Rooiduif-wedvlug: Groot Geld en Spanning

Verlede week het sekerlik een van die belangrikste duiwe-wedvlugte plaasgevind - die Derby-wedlug, rooiduif-wedvlug en die veilingduif-wedvlug. Die Derby-wedvlug is ‘n wedvlug met duiwe wat ‘n Derby-ring kry wat aangesit word toe hy gering is. Die ring word in die Posduif Unie, asook Gansbaai Posduifklub, vir ‘groot geld’ wedvluggeld.

Wat die rooiduif-wedvlug betref, is dit die duiwe met ‘n rooi- of sjokolade kleur, of in duiweterme ‘n mealie. Hier is ook wengeld betrokke, maar net in klubverband. Met die veiling-duiwe word bedoel duiwe wat op ‘n veiling geplaas is en aan die bieër wat die hoogste aanbod op die veiling gemaak het, verkoop is. Indien die duiweboer sy eie duif terugkoop, kry hy 100% van die prysgeld, anders kry die teler 30% en die koper 70% van die prysgeld. Dit was dus ‘n naweek waartydens die duiweboer goed gedoen het.

Ek wil ook net noem dat Ou Skool Hokke terselfdertyd hulle veiling-wedvlug gehad het. Die publiek wat hierby betrokke was, het ‘n aardige bedrag wengeld ingepalm. Die weer was die hele week pragtig, maar teen Saterdag het die wind onverwags sterk opgesteek. Die duiwe het mooi ingekom, maar is deur die wind in die rigting van Mosselbaai gedwing. 

Teen uitlui-tyd was die wen-posisies soos volg:

Jaaroud-duiwe:

Human Loft 1, 7, 19; Louis Groenewald 2; J & J Swart 3, 4; Snr Germishuys Hokke 5, 6; Norman Snr Stevens 8, 9. 

Ope-duiwe:

Fourie Lofts 1, 3, 6, 10; Human Loft 2; Snr Germishuys Hokke 4, 7, 9; C & R Kruger 5, 8.

Die wenners van die geld-wedvlug was soos volg:

Louis Groenewald, Derby-wenner; Rooiduif-wenner Jaaroud, Norman Stevens; Ope-wedvlug, Snr Germishuys Hokke.

Soos gemeld, het Ou Skool Hokke ook hulle wedvlug-veiling gehad:

Die wenners was soos volg:

Martin du Plessis (publiek) - R8 000; Norman Stevens (Gansbaai) - R4 000; Japie Swart (Gansbaai) - R2 500. Prysgeld is uitbetaal tot en met die 10de plek.

Die Posduif Unie se uitslae:

Jaaroud-duiwe:

B Groenewald (Bredasdorp) 1; M & C Sameuls (Caledon-Oos) 2, 5; Swartland Lofts 3; Brian Marais (Middelvlei) 4; GN en D Gillion (Middelvlei) 6; JB Wiese (Hermanus) 7, 9; Human Loft (Gansbaai) 8; Louis Groenewald (Gansbaai) 10.

Ope-wedvlug:

JE Hokai Lofts (Bredasdorp) 1; J Kamfer (Bredasdorp) 2, 3, 7; B Groenewald (Bredasdorp) 4, 9, 10; Parnell Lofts (Grabouw) 5; H Germishuys (Bredasdorp) 6; Fourie Lofts (Gansbaai) 8.

Baie geluk aan alle wenners - Gansbaai Posduifklub en Posduiflklub Unie.

Groete, 

André Vorster 072 248 881

Derby- en Rooiduif-wedvlug: Groot Geld en Spanning

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
See All Articles