Blog

Boss Fit Spiertiere Maak Gansbaai Trots

Boss Fit Spiertiere Maak Gansbaai Trots

Gans-Berg Nuus / News

Boss Fit Spiertiere Maak Gansbaai Trots

Gansbaai se ‘Spiertiere’ onder leiding van Jaco Louw van Bosfit in Gansbaai het Mosselbaai se gespierde manne en vroue weer gewys hulle kom van Gansbaai af - en hulle het uitstekend gevaar! Jaco het sy eie Gym so onlangs as 1 Desember 2023 gestig, maar hy is lankal reeds ‘n gesoute en kampioen Body Builder (liggaamsbouer).

Drie van Jaco het drie van sy klublede na die kompetisie van die PCA Federasie op 6 Julie 2024 in Mosselbaai vergesel. “Ek het nie bedoel om ernstig aan die kompetisie deel te neem nie, maar eerder om my studente te gaan ondersteun,” vertel Jaco. “My wenplekke tydens die kompetisie was dus ‘n groot verrassing vir my.”

Uitslae:

Jaco Louw - Wenplekke in al 4 Afdelings: 3 x 1ste plekke en 1 x 2de plek. Jaco is tydens die kompetisie vir die SA-spankompetisie gekies; Marzanne Cloete - Jaco se suster en dit was haar 1ste kompetisie. Sy behaal 2 x 1ste plekke en 1 x 2de plek; Nathan Taylor - dit was ook sy eerste kompetisie en hy behaal 1 x 3de plek en 1 x 4de plek; Bernie Venter - dit was ook haar eerste kompetisie. Sy behaal 1 x 3de plek.

Baie geluk aan hierdie gespierde manne en vroue van Gansbaai wat uitstekend in die kompetisie gevaar het.

Nou wag die Battle of the Titans, een van SA se grootste Body Building kompetisies op 20 Julie 2024 in Durbanville op Jaco - baie sterkte, Jaco.

Die PCA Battle of the Titans, waarvoor Jaco reeds gekies is, is op die hoogste vlak van in Suid-Afrika, waarvoor die deure vir oorsese deelname oop is. Daar wag egter ‘n paar stappe vir Jaco wat gevolg moet word, maar hy is reeds voluit besig om aan sy voorbereidingsprogram te werk.

“Ek wil graag dankie sê aan my borge, waarsonder deelname aan hierdie kompetisies nie moontlik sal wees nie,” sê Jaco. “Hulle is Boss Fit, AK Fitness, Bizzy Bodyz, Gansbaai Bakhuis, M&H Design en Hair Haven.”

Hardus Botha

Boss Fit Spiertiere Maak Gansbaai Trots

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
See All Articles