Blog

‘Laat die Gansies Gons’

‘Laat die Gansies Gons’

Gans-Berg Nuus / News

‘Laat die Gansies Gons’

...en dit is presies wat Donderdag- en Vrydagaande (1-2 Augustus 2024) in Panorama se saal gebeur het: die Gansies van Laerskool Gansbaai (LSG) het behoorlik gegons - saam met ons eie Liedjieboer, Anton Goosen, sy kitaarspeler, Illimar Neitz en ons ewe bekende Valiant Swart....en natuurlik die uitstekende LSG-kore (seniors en juniors) onder leiding van Asanti Smit, met haar ma, Annatjie Smit as begeleier! Met Anton se insette is daar groot waardering teenoor Blues Society vir die groot rol wat hulle gespeel het, asook ander borge.

Dit was ‘n gesellige en vol program wat almal verras het. Om alles op papier neer te pen, is ‘n onbegonne taak. Mnr Devin Sauls het die verrigtinge geopen en almal hartlik verwelkom. Die eerste helfte is deur ons eie Gansies se kore oorheers, met Anton wat soms saamgesing het. Liedjies soos Waterblommetjies, Trompie, Ta’ Mossie en ander is uitstekend deur die onderskeie kore gesing. Monecia Sauls, Jan-Dawid du Plessis en Hanro Coetzer se solo-vertonings het die gehoor behoorlik vasgevang. Valiant Swart het die eerste helfte met Weskusliedjie en Josie Josie afgesluit.

Na pouse het Anton Goosen en sy kitaarspeler, Illimar Neitz die verhoog oorgeneem, met Illimar se kitaarklanke wat almal nog lank sal bybly. Liedjies soos Bly by my, my Lief, Silver de Lange, Pampoene Klein Bietjie Wyn is maar enkeles wat Anton gesing het, soos net hy dit kan doen, om nie te praat van die liedjies wat die kore saam met hom gesing het nie - soveel so dat Anton gereeld oor die mikrofoon gesê het: “Pragtig! Pragtig!”.

LSG is groot dank aan Anton Goosen, Illimar Neitz en Valiant Swart vir hul gratis optredes verskuldig - dit word opreg waardeer! Asanti kan weer uitgelig word met die suksesse wat sy, met Annatjie as begeleier, met LSG se kore behaal, ingesluit onlangse Eisteddfod-Goues wat verwerf is - Bravo!..ook aan jou, Asanti! 

(Foto’s: Hennie Otto)

Hardus Botha

‘Laat die Gansies Gons’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles