Blog

Agri Wes-Kaap Jaarkongres 2024

Agri Wes-Kaap Jaarkongres 2024

Gans-Berg Nuus / News

Agri Wes-Kaap Jaarkongres 2024

‘Gegrond in Betroubaarheid’

Agri Wes-Kaap (AWK) het op 14-15 Augustus 2024 hul jaarlikse kongres te Goudini Spa in Rawsonville gehou. Sowat 120 kongresgangers van regoor die provinsie het bymekaargekom om landbousake te bespreek. Die tema van hierdie jaar se kongres was: “Gegrond in Betroubaarheid”, ʼn weerspieëling van die kernwaardes wat AWK se lede na aan die hart lê. 

Produsente het ‘n positiewe gesindheid uitgestraal, ondanks verskeie uitdagings, en aangedui dat hulle steeds voortgaan om topgehalte landbouprodukte te produseer. Mnr Liam Viljoen, voorsitter van die AWK Algemene Sakekamer, het gesê: “Dit ʼn voorreg is om met ʼn organisasie geassosieer te word wat landbouprodusente sonder ʼn gelyke in die wêreld te dien.” Hy meen verder dat ʼn glansgeleentheid soos hierdie die geleentheid aan landprodusente van regoor die provinsie bied om van mekaar te leer en ook hul sake aan die politici en beleidvormers te stel wat landbou in die Wes-Kaap beïnvloed.

Tydens die kongres is daar op die belangrikheid van betroubaarheid in die huidige uitdagende, veranderende landbou-omgewing gefokus. AWK het ook erkenning gegee aan die volgehoue betrokkenheid van verskeie rolspelers in die landbousektor. Wes-Kaap minister van Landbou, Ekonomie en Toerisme, dr Ivan Meyer het tydens die gala-funksie sy prioriteite vir die volgende vyf jaar met kongresgangers gedeel, asook sy dank oorgedra vir die goeie samewerking tussen AWK en die Wes-Kaap Departement van Landbou. 

Villiers Loubser, AWK President het in sy toespraak die kritieke rol wat boere in die Wes-Kaap speel, beklemtoon en hulle bedank vir hul onwrikbare toewyding en veerkragtigheid. Verdere sprekers was Agri SA Hoof Uitvoerende Beampte, Johann Kotze mnr Moeletsi Mbeki. Villiers Loubser is herverkies as President en Heinie du Toit as Vise-President van AWK.

(Redaksie: Mediavrystelling is verkort) 

Navrae: Rojeanne by 071 170 3744 of rojeanne@awk.co.za. 

(Foto’s: Natalie Gabriels Photography)

Hardus Botha

Agri Wes-Kaap Jaarkongres 2024

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles