Sewe keer ek, vyf keer my

Skriflesing: Lukas 12:13 tot 21 (Gelykenis van die ryk dwaas); 24: 22 tot 34..

Teks: “Maar God het vir hom gese: ‘Jou dwaas, vannag nog sal jou lewe van jou opgeeis word …’” (vers 20). (“Terug gevorder word”)

Teks: vers 23:  “die lewe is tog belangriker as …”.

Die boer se grond het goed gedra …

Hy het goeie oeste/ rekordoeste/ surplusoeste ingesamel …

Hy het berekend, goed voorsiening gemaak vir sy toekoms …

Hy het besluit om wat hy weggesit het, te geniet …

En dan – soos ‘n weerligstraal in die storie, kom dit: God spreek hom aan, en God noem hom ‘n dwaas ! 

En God plaas ‘n punt “fullstop” agter sy lewensverhaal: God verklaar: “vannag nog … gaan jou lewe van jou opgeeis word”. (“terug gevorder word”). (Soos ‘n lening …);

Die gelykenis van die ryk dwaas is eintlik ‘n baie eenvoudige storietjie wat  Jesus vertel het – ja, eenvoudig, en tog: ‘n storietjie met so ‘n geweldige boodskap. Christengelowiges is deur die geslagte hierdie boodskap uit hierdie eenvoudige storietjie getref … en: tot diepe nadenke/ bepeinsing gebring rondom die groot vrae van die lewe - die lewe hier duskant die graf.   

In my voorbereiding vir vanoggend  het ek hierdie eenvoudige ou Nederlandse gediggie gevind:

De rijke dwaas had geld en goed

Hij baade zich in overvloed

Hij was gerust, hij had geen zorgen

Hij had genoeg, hij was geborgen.

Hij was op alles voorbereid

Zijn schuren vol voor lange tijd

Beslist, hij kon tevrede wezen

Hij had de toekomst niet te vrezen.

Werd alles schaars, voor hem geen nood

Zijn voorraad was oneidig groot

Voor jaren eten, volop kleren

Hij kon de grooste nood trotseren.

Maar zie, toen hij diezelfde nacht

Zijn grote rykdom overdacht

Toen klonk een stem: “ge hebt niets meer nodig,

Als wat ge hebt is overbodig”.

Want God die sprak:

“Gij dwaze kom

U korte levenstyd is om

Geen schatten zullen u nog baten

Gij moet alles achterlaten”.

En: In my voorbereiding vir vanoggend, het ek die volgende veelseggende opskrifte gevind wat predikers gee vir hulle onderskeie boodskappe uit die gelykenis:

- Big Barn Builder Bill. (‘n Amerikaanse prediker)

- Die plaas wat ‘n dwaas besit het (the farm that owned a fool).

- Die dag toe God ‘n man ‘n dwaas genoem het (The day that God called a man a fool).

Ek ken ook hierdie opskrif: “Sewe keer ek, vyf  keer my” (‘n boodskap waarin daar gewys word op hoe groot, hoe sentraal, hoe dominant  die “ek” en die “my” in hierdie man se lewe was …  die ek-gesentreerdheid van sy lewe …

Soos blyk uit sy selfgesprek na sy soveelste goeie oes: “Wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Ja, dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: Mens jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk, eet, drink en leef lekker”.

Inderdaad: Sewe keer ek, vyf keer my …

Let op – dit is tog opvallend: sewe keer ek, vyf keer my – en: geen gedagte aan God nie, geen woord oor God nie …; geen rekening met God nie …

Net “ek” – sewe keer; en “my” vyf keer.

Soos die prediker sê: Hierdie man het net een wêreld gehad – sy eie.

(verwys na die skildery deur die bekende Nederlandse skilder Rembrand van Rhijn: hy skilder die ryk dwaas as ‘n man wat in die nag tussen sy klomp boeke by sy lessenaar by kerslig sy munte sit en tel; in sy een hand hou hy ‘n goue muntstuk vas waarna hy bewonderend staar … die man is duidelik diep selftevrede … ).     

(Maar zie, toen hij diezelfde nacht

Zijn grote rykdom overdacht

Toen klonk een stem: “Gee hebt niets meer nodig

Als wat ge hebt is overbodig …”

Big Barn Builder Bill;

Die plaas wat ‘n dwaas besit het;

Die dag toe God ‘n man ‘n dwaas genoem het.)

Geliefde gemeente, hierdie maand is ons preektema in die gemeente: dankbaarheid.

Ons roep mekaar op in die gemeente om ‘n lewe van dankbaarheid teenoor God te lewe.

‘n Lewe van elke-dag-se-seëninge-tel …; help mekaar om ‘n oog te kry vir God se seëninge in ons lewe …

Dankbaarheid/ erkentlikheid (eng: thankfulness, gratitude)

Vir vanoggend by die tema van dankbaarheid, wil ek die gelykenis oorvertel:

‘n Man se grond het goed gedra. En hy het by homself gedink: hoe groot is God se goedheid vir my!; ek het ‘n groot surplus-oes. Ek moet binnekamer toe …; en daar laag buig voor God. En ek sal vir God vra: Here, waarom seën U my so met oorvloed? Wat moet ek doen? Wat wil U hê moet ek doen met al die goeie gawes wat U so aan my uitdeel?  Hoe kan ek vergeld vir al U weldade aan my? (Ps.116)

En daar, laag op sy knieë in sy binnekamer het God vir hom gesê: My kind, hoe verbly jy my! Hoe behaag jy my! Toe ek jou geskape het, het ek oor jou gedroom … hoe jy in die arms van Christus in my diens staan … hoe ek, jou God, deur jou liefhê en geëer sal word … hoe ek, jou God, die Groot Eerste in jou lewe sal wees ..;  En: hoe ek die wêreld deur jou sal seën …”

Ter afsluiting: sonde in die Bybel het hierdie dieper betekenis:

- Sonde: om die doel te mis …

- die goddelose is nie noodwendig ‘n aggressiewe, verwaande godloënaar nie; of ‘n bandelose sondaar nie …; maar iemand wat die doel van Sy lewe mis – die doel wat God met sy lewe het …  

- The material blessings of our life are either a mirror in which we see ourselves, or a window through which we see God”

- “Wat ek is is net genade, wat ek het is net geleen …” (Koos Dup).

- “Die dood is wonderlike beoordeling van ons lewe. Dit ontmasker die tevergeefsheid van hebsug en gierigheid”.

Iemand vra vir die eksekuteur van ‘n baie ryk man se boedel: hoeveel het hy (Piet, Johan, Willem, Bill) nagelaat? “Alles”

Spurgeon vertel: ‘n Prediker preek een dag in ‘n groot evangelisasiediens.

Hier kort voor hom sit in ‘n omie, gepak en gedas. 

Die dominee preek:

“God wants us to work hard and earn as much as we can!”

Die omie roep hard-op uit: “Amen! Amen!”

Die dominee preek: “And God wants us to save as much as we can!”

Die omie roep hard-op uit: “amen! Amen!”

En die dominee preek: “And God wants us to give as much as we can!”

En die omie sug: “what a shame to spoil such a good sermon!”

Ons vol skure – “our stuff!

Ek haal  Augustinus aan: ontvang wat God jou gee met vreugde; gebruik daarvan wat jy nodig het; dit wat oorbly behoort aan jou naaste”.

Die boer van die jaar tydens 'n onderhoud op Dagbreekbestes

Hy praat oor seeninge …

"Seeninge bring verantwoordelikhede mee. . ."

‘n Prediker bring ‘n boodskap oor ons Skrifgedeelte – die gelykenis van die ryk dwaas – onder die opskrif: “Die dag toe God ‘n man ‘n dwaas genoem het” (“The day when God called a man a fool”).

Die prediker maak van ‘n bietjie humor gebruik: hy gee vir hierdie man ‘n naam: Big Barn Builder Bill. (op skerm).

(dit sê so lekker; dit lê so lekker op die tong …: Big Barn Builder Bill).

Die dag toe God ‘n man ‘n dwaas genoem het.

Vra: Waarom was hy in God se oë ‘n dwaas? 

Was God nie onnodig hard op hierdie man nie?

'n Mens sou as as advokaat vir hom kon optree: hy moes darem seker hard gewerk het om ryk te word op sy plaas; om so ‘n welvarende man te kon word (ons lees nêrens dat hy skelm was nie; ander mense met bedrog beroof het nie, ander besteel het nie; of: sy werksmense soos slawe laat sloof het nie);  en boonop: het hy die goeie verantwoordelike ding gedoen: hy het goed voorsiening gemaak vir die toekoms (inderdaad wat die Bybel vra: “Kyk na die mier … as advokaat sou ons kon sê: gee hierdie man hom ten minste hiervoor krediet).

Waarom het die man ‘n dwaas genoem?

Die prediker beantwoord hierdie vraag met 3 punte:  

Een: Hierdie man (Big Barn Builder Bill) het nie goed rekening gehou met sy sterflikheid nie …  

Dit is merkwaardig dat God vir die man in die gelykenis op die laaste dag van sy lewe ‘n dwaas noem. “Jou dwaas, vannag nog sal jou lewe van jou opgeeis word …”.

Dit is inderdaad op die laaste dag van sy lewe dat die man nog vir homself sê: “Mens jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op werk: eet en drink en leef lekker”.

(Soul, thou hast much goods laid away for many years; take thine ease, eat, drink, and be merry”).

Hy dink aan nog baie jare; hy dink aan sy sterwe, aan sy dood, as nog ver weg in die toekoms …  

Twee: In hierdie man (Big Barn Builder Bill) se toekomsplanne was het alles net om homself gegaan … God en naaste nêrens nie.  

Alles het net om homself gegaan … ‘n toekomsbeplanning gesentreer om homself.  

Merkwaardig: In sy selfgesprek (3 verse in die gelykenis) hoor ons hierdie man nie minder nie as sewe keer “ek” sê, en vyf keer “my”         

Luister: ‘Hy het gedink ; ‘wat moet ek doen?; ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie’. Toe besluit hy: ‘ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk, eet drink en leef lekker’”.,

Ek en my en ek – dit was sy volle belang. 

Nooit kom dit eens by hom op om van sy baie goed te gebruik ander meet te dien nie.  Om God en naaste mee te dien nie.

Drie: nêrens hoor ons ‘n enkele woord van dank aan God nie … dankbaarheid en erkentlikheid teenoor God nie …

Merkwaardig: Jesus se woorde het diepe betekenis: “sy grond het goed gedra …”

Nie alles sy prestasies, sy sukses nie …; 

Suggeer: hy was in ‘n bevoorregte posisie …; daar was hierdie baie belangrike bydraende faktor tot sy sukses;   

En tog: geen woord van erkentlikheid en dankbaarheid teenoor God nie.

Hierdie derde punt is vanoggend vir ons van belang.

Hierdie maand is ons tema: Dankbaarheid/ erkentlikheid (“thankfulness/ gratitude”).

Vir vanoggend:

Dankbaarheid (teenoor God) is die hart van christelkike godsdiens, van ons christenskap.

Die waarmerk van iemand se christenskap: ‘n dankbare hart.

In vergelyking met ander godsdienstige mense in die wêreld, is die motiveringsbeginsel dankbaaheid. Vra: waarom dien ons vir God? By ander: ons gee sodat God kan gee;

ons gee sodat ons mag ontvang … maar nee, by ons: ons gee omdat ons ontvang het …

Ons gee nie om iets by God te wen nie …; om God tot iets vir ons te oorreed nie …

In ons ou lewe …; maar in ons nuwe lewe: Xtus! … nou anders …; ons kennis van God …

Ons offers is altyd voluit dankoffers …

Die vraag: hoe kan ons die Here vergeld vir al sy weldade aan ons (Ps. 116); vir al sy genade, goedheid?

“Genade”: vrye guns; onverdiende seën …; nie deur verdienste bepaal nie …

God vra niks wat hy nie eers gee nie …