Doop - Kersfees

Doop - Kersfees

NG Kerk Gansbaai

Daar kom ‘n tyd dat die berg

Waarop die huis van die Here is

‘n blywende plek sal hê

Bokant die bergtoppe

En sal uitstaan bo die heuwels

Die volke sal daarheen stroom

Baie nasies sal daarnatoe gaan en sê

Kom laat ons optrek na die berg van die Here toe

Na die huis van die God van Jakob

Sodat Hy ons Sy wil kan leer

En ons daarvolgens kan lewe

Want uit Sion kom die openbaring

Uit Jerusalem die Woord van die Here

Dit is vandag die vierde Sondag(21 Des.2014) van Advent. Ons vier die koms en geboorte van Jesus, gebore as ‘n kind tussen ons. Dit is altyd ‘n spesiale tyd van die jaar om ook die doop te bedien.

Alles staan in teken daarvan dat ons ontvangers van genade is. Die Christuskind is God se geskenk van Homself aan ons. In die diepte van hierdie inisiatief kom Hy ook vanoggend na hierdie kinders en bevestig hulle as sy eiendom. Hierdie is ‘n tyd oorlopenstoe vol van God se goeie genade. Ons lees‘n paar tekste  vanuit Jesaja en dan Matteus 18.

Jes 1: 14-17; 23.

Lees as voorbeeld van God se kies vir die versorging van die minstes. Die teoloog Walter Brueggeman het geskryf dat die litmus toets van die uitleef van God se reg en geregtigheid die manier is hoe daar met weduwees en wese omgegaan is.

Die volwasse leiers van Israel faal big time. Die harde woord van God deur sy profeet was juis op grond van leierskap wat nie na die minstes gekyk het nie.

Die leierskap faal volgens God se riglyne. ‘n Ander perspektief miskien heel suksesvol. Dit was wet om te sorg, nie soos miskien by ons net teken van goeie ingesteldheid nie.

Twee gedeeltes in Jesaja 7 en 9 is beide bekend omdat ons dit baie rondom Advent lees, maar Christus se geboorte daarin lees. Vandag eers in oorspronklike konteks raaksien. Die oorspronklike konteks is oorlog, bedreiging, geweld. Ons kan net TV kanale kyk wat wys op wat gebeur in Sirië, Noorde van Irak, om ‘n idee kry van die geweld en oorloë. Oorlog en besetting was nog nooit romanties nie. Dit is ingrypend op baie vlakke.

In die tyd is Jesaja profeet en God laat hom drie name gee aan sy kinders:

Sear Jasub (daar sal ‘n oorblyfsel terugkom), Imanuel (God met ons) en “Plunder en Roof is naby”. Die lotgevalle van volk uitgebeeld in name van kinders.

Ons kyk na Immanuel.

Lees JES 7: 1-2, 10ff

Dit is agste eeu VC.  Sirië en Israel staan teen Juda. Juda se koning Ahas is bang. Onwillig om God te vertrou soek hy vassal in Assirie. (7:9). Hy vertrou die alliansie, daarom wil hy eerder nie God se woord hoor nie. Dit is deel van die onderonsie tussen Koning Ahas en Jesaja.                    Agtergrond: Aangespoor deur God vra Jesaja vir Agas of hy ‘n teken(van God) wil hê. Agas soek nie ‘n teken nie. Hoekom nie? Heel moontlik omdat hy reeds sy eie planne gemaak het en miskien bang is God se teken en rigting is nie wat hy wil nie.

God gee in elk geval ‘n teken. Nie een van krag nie, maar van ‘n kind. Verwag in tyd. Besig om gebore te word in Hebreeus. Oorlog met Sirië. Dinge gaan wel verander, maar ook destruction. God met julle is ‘n gegewe in goeie tyd en slegte tyd of jy teken soek of nie.

Wat is teken in die tyd? ‘n Kind. Konflik sal verander, maar Assirie gaan vernietiging bring. God met ons ook te midde van destruction. God gee in elk geval.

JESAJA 9

Te midde van hierdie konflik is daar die koms van ‘n nuwe koning.

Maar as die profeet die aankoms van ‘n nuwe heerser visualiseer is dit verrassend. Onthou die woorde het ‘n Kersklank in ons ore. In konteks lees beskou as iets verwys wat binne daardie historiese konteks gebeur.

Die heerser wat alles gaan verander is ‘n Kind. ‘n Kind neem die plek in van die grootmense wat in onreg heers. Die kind is ‘n raadsman  en vredevors. Die kind se heerskappy sal in teken staan van veiligheid en vrede. Die kind is die alternatief. Babatjies sal by gate van adders speel en klein kinders hulle hande uitsteek na giftige slange.

Dit was ‘n volk in donkerte. Selfde oorlog konteks, kind teken en hoop. Kind is Hiskia seun van Ahas.

Iemand skryf dat die diepte van sonde beleef word in die manier wat kinders hanteer word en die wil van God daar waar daar veiligheid en speelsheid is. Ons wêreld vandag is onveilig vir kinders.

Jesaja 9 is ‘n orakel of lied wat troonbestyging besing. Dit is die einde van Assiriese onderdukking en miskien oorlog. Nuwe tyd, native king of Juda

Die nuwe koning is nog kind. Maar visualise al die rykdom van vrede.

Dis ‘n kind, daar is hoop.

Wat sê God dan as Hy kind word?  Hy kies vir die fragile en weerlose. Dit is ‘n nuwe begin. En die bediening van Jesus het dit net onderstreep.

Hoe doen hy dit? Hy maak die kind die preek. In Matteus 18 vind ons Jesus en sy dissipels. Hulle vra hom nou (nie eerste en laaste keer nie) wie is nou eintlik die belangrikste. Dit dui op hulle harte, dui op hulle belange en prioriteit. Jy vra nie so vraag as jy nie dink dis juis jy nie. Dit ia ook ‘n nuwe begin, ons wil darem weet waar ons inpas.

Lees MATT 18: 1-5

Jesus roep toe ‘n kind nader en laat hom tussen hulle staan. Hy word die verwysingspunt, die aanknopingspunt, as te ware die antwoord.

Wat beteken dit? Nie glo soos kind, vra nie vrae. (Leef nie saam my kinders in ‘n huis nie). Hulle laat toe dat jy vir hulle sorg. Besef hulle is afhanklik. Besef hulle is weerloos.

Hulle is nie sterk of slim genoeg vir die wêreld nie. Uitgelewer om te vertrou. Kind uitgelewer aan whims van grootmense.

Daar waar ons kinders omhels, ontvang, versorg en belangrik ag ontvang ons Christus.

In die volgende verse verhoog Jesus die erns redelik. Hy maak kind groter en sluit geringes in. Dit beteken die wat nie sterk of belangrik genoeg is om self te oorleef nie. Die wat op die rand staan.

Daardie tyd was kinders ‘n liability tot hulle self werk en verdien. Geen standing in samelewing en geen material value, no power, vulnerable en utter dependant.

Kinders het ook geen masker. Kry wat jy kry.

Ons doop kinders, want God sluit kinders van die begin in sy verbond in. Kinders herinner ons aan hoe God werk en wat vir God belangrik is Hulle welfare is belangrik. Hoe ons met kinders omgaan bepaal hoe ons met God omgaan. Kinders se welstand is die toets van geregtigheid van God in ons lewe.

If I were alone in a desert

and feeling afraid,

I would want a child to be with me.

For the my fear would disappear

and I would be made strong.

This is what life in itself can do

because it is so noble, so full of pleasure

and so powerful.

(Meister Eckhardt)  

Doop - Kersfees

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles