Interskole

Die jaarlikse rugby en netbal interskole teen Laerskool De Villiers Graaff, Villiersdorp, vind hierdie jaar by Laerskool Gansbaai plaas.  Omkring asseblief Saterdag, 29 Augustus 2015 met rooi op alle beskikbare kalenders, hierdie is die groot gebeurtenis van elke jaar!!

Laerskool Gansbaai wil 'n vriendelike, maar tog dringende, versoek aan almal rig om asseblief hierdie sportdag te ondersteun.  Versprei asseblief die woord sodat ons in die massa kan opdaag om ons jong sportsterre te ondersteun.  Daar sal heerlike eetgoed te koop wees en ons wil graag 'n aansteeklike sport atmosfeer skep wat ons leerders sal aanmoedig om hul beste te gee.  'n Klein toegangsfooi van R5 is betaalbaar vir alle toeskouers en programme sal ook te koop wees teen R5 elk.