Seestrome 2015: Kersmark 10-23 Desember 2015 . . . nog ‘n ervaring!

Seestrome 2015: Kersmark 10-23 Desember 2015 . . .  nog ‘n ervaring!

NG Kerk Gansbaai

Vanjaar gebeur dit die twaalfde keer...

Soms was daar storms, soms lekkerrrr weer!

Jaarliks word harder probeer en gebruik ons die lesse algaande geleer.

Voorspoed  jaag die Kersmark soos ‘n brander:

Om voor te bly, word dinge gedurig verander. Soms is verandering goed en skrander, maar o wee, soms moet ons net lag vir elkander! Dis die basiese dinge wat sake reg laat ontvou  . . . en dan word gepoog om met nuwe dinge uit te bou.

Die Kersmark word gewoonlik aangeprys . . . soms afgeknou, maar deur geloof in Hom en gebed in stand gehou!

Die doel is om ons gemeente te help befonds –
maandelikse bydraes raak mos moeilik soms.
Nou laat die Kersmark harte beter bons,
want daar word spandeer . . . sonder ‘n frons!

Mag u hierdie Kersmark geniet!
Ons bid dat Hy sy seën daaroor giet.
Kom ons sing in ons harte ‘n dankie-lied –
in  dié wete dat sy wil geskied!
- Thys en Linda Cilliers

 Linda Cilliers vertel:

“Verandering is ‘n onveranderlike feit van die lewe” (Rosa Guy). Sedert die eerste Kersmark in 2004,  het daar oor die jare ‘n paar veranderings plaasgevind. Vanaf 2005 het ons ‘n gerekenariseerde datastelsel in gebruik geneem, wat voorraad beheer en die druk van prysplakkers en uitbetalings aan die uitstallers baie vergemaklik het. Die Kersmark-kantoor op die galery het ‘n groot verandering teweeg gebring en ‘n verskil gemaak in die hantering van die administrasie van die hele projek.

My regterhand, Maryke van Rensburg, en die staatmaker vloerbestuurders, Petro Trautman, Rita Pio en Ilse Klopper, is saam met my deurlopend betrokke, d.w.s. gedurende die 10 maande wat die Kersmark voorafgaan. Daar is ‘n paar uitstallers wat sedert die eerste Kersmark nog steeds jaarliks gekeur word vir deelname  omdat hulle met godgegewe talent jaarliks veranderings maak en nuwe produkte voorsien. Dit, uiteraard, bring mee dat die Kersmarkuitstallings elke jaar anders lyk, tesame met nuwe uitstallers wat ook jaarliks aan die Kersmark ‘n ander gesig gee.  Die talent-volle Anita Botha en haar span verander ook elke jaar die dekor in die saal en maak dit vir ieder en elk wat  die Kersmark ondersteun ‘n aangename ondervinding. 

Gedurende die eerste twee jaar was daar buite die saal ‘n groot tent opgeslaan vir die kafeteria, maar die wind het dit te onaagenaam gemaak. Die kafeteria wat na die verhoog verskuif is, was ‘n waagstuk wat verandering betref, maar dit het ‘n baie gesellige kuierplek geword, wat bydra tot die lekker atmosfeer van die hele Kersmark.

Diegene wat sedert 2004 jaarliks by die Kersmark betrokke was,  is almal ongeveer 12 jaar ouer en die verandering wat ek die graagste wil sien, is die betrokkenheid van die jonger gemeente-lede by die Kersmark, want dit is ‘n gemeenteprojek waar oud en jonk lekker kan saamwerk. Dis ‘n voldonge feit dat dit opoffering verg om twee weke lank gedurende die Desembervakansie vrywillig by ons gemeente se Kersmark te werk. 

Carl Jung (1875 – 1961) se woorde is baie waar: “Jy kan nie jou situasie of die mense rondom jou verander nie. Net jou eie gesindheid.”  In Handelinge lees ons dat verandering geskied deur God se Gees in ons. Na alles bly ons Hemelse Vader die enigste

onveranderlike in ons lewens en in konteks wat die Kersmark betref,  seën Hy ons gemeente jaar na jaar.  

Ek wil afsluit met die gebed van St.Franciskus van Assisi:

“God grant me the serenity to accept the things I cannot change,  the courage to change the things I can and the wisdom to know the difference.  Amen.”

Seestrome 2015: Kersmark 10-23 Desember 2015 . . .  nog ‘n ervaring!

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles