Seestrome 2015: Twee Kerssangdienste in November 2015 in NGK Gansbaai!

Seestrome 2015: Twee Kerssangdienste in November 2015 in NGK Gansbaai!

NG Kerk Gansbaai

JEUG-KERSSANGDIENS:

Sondag 15 November het ons kinders onder leiding van die gesins- en jeugkommissie hulle eerste Kerssangdiens aangebied. Soos wafferse professionele  het hulle met behulp van ds. Willie Kotze, Hannes Cilliers, Pikkie Louw (orrelis), die kategete en hul ouers ‘n pragtige aand met sang en musiek geskep waar Jesus se geboorte ons harte warm aangeraak het.

Naas gemeentesang, was van die ander deelnemers: Laerskool Okkie Smuts se Marimba-orkes, Laerskool Gansbaai junior- en Interene Fase, NGK Gansbaai- koor, Kleine Gansies, Fiona Fourie, Monet van Deventer en Alissa Coetzee, met Conrad Geldenhuys as knap dataprojektor-en programaanbieder. Na afloop van die Kerssangdiens is daar gesellig in ‘n volgepakte Pretoriussaal saamgekuier en verversings geniet. Hulle verdien ’n staande applous!

JAARLIKSE KERSSANGDIENS:

Sondag 22 November . . . nog ‘n onvergeetlike Kerssangdiens. Die kerk was stampvol. Die liturg was, ds. Willie Kotze wat sy voorlesings hoofsaaklik op die Lukas Evangelie gebaseer het. Die orrelis was Annelene Reinke. Chris van Zyl, (kitaar), en Jack White (trompet). Die Blompark mannekoor (onder leiding van Annelie Botha), die VG-kerkkoor en die  NG-kerkkoor (onder leiding van Aletta Lochner) het die allermooiste sang gelewer.

Die kerk was pragtig versier met dank aan Hardus en Anita Botha, Marian van Rhyn, Marie de Jager, Hennie en Magda Swart, Leonie Botha, Marlene van Rooyen, Dawie en Amanda le Roux, Deon Rabe en helpers. Die koster, Marius le Roux, en kantoordames, Maritha Kriel en Wilna Swanevelder asook Maureen Voigt wat die dataprojektor en program met skyfies hanteer het. Almal teenwoordig en alle rolspelers is bedank vir die pragtige geleentheid en hul bygedra tot ‘n geestelike, Christusfees atmosfeer.

Tydens die sing van “Met Middernag” en “Stille Nag” het lidmate met brandende kerse in rooi houers na vore gestap, met die kore se lede wat soortgelyke kerse aangesteek het. Met die ligte wat afgeskakel is, is opgemerk hoe vele trane stilweg afgevee word. Ook na afloop van die diens is die aand gesellig in ‘n volgepakte Pretoriussaal afgesluit.

Seestrome 2015: Twee Kerssangdienste in November 2015 in NGK Gansbaai!

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!

Prime Cuts Meat
See All Articles