Seestrome 2015: Bediening van God se Woord in ons gemeente

Seestrome 2015: Bediening van God se Woord in ons gemeente

NG Kerk Gansbaai

Die kansel en die gepredikte Woord.

In ons geloofstradisie - Protestants, Gereformeerd - staan die kansel sentraal in ons kerke. Vir ons is die hart van kerk-wees dat ons die Woord van God het - ‘n Evangeliewoord wat God se oorvloedige genade vir sondaarmense as belofte gee: genade (ook vir die grootste sondaar) wat God met die hande van die Gekruisigde, Jesus ons Christus, uitdeel.

In ons geloofsgemeenskap lees ons die Bybel saam, oordink ons die Woord, help ons mekaar om die Woord (sê: die Belofte) in ons lewens te integreer. Ons grootste honger is na God se Woord, ons groot versugting en gebed: dat die Woord ons ganse lewens sal rig. Die gepredikte Woord is by ons, is ook God se Woord. Om presies te wees: die gepredikte Woord wat werklik Woord is, God se Woord is, Waarheid is . . . (en nie blote mensewoorde nie). Die uitdaging wat aan die gepredikte Woord gestel word,  is dat dit suiwer en waar moet wees . . .

Dit is merkwaardige woorde van Paulus wat in die Bybel staan: “Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie, as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom (lees dit: klim ek Sondae op die kansel om te preek). Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God” (1Korintiërs 2).

Die gepredikte Woord is dikwels maar vol menslike swakheid, maar vir die geloof het dit krag - die enigste voorwaarde: dat dit die Evangeliewoord sal wees.

Ons ken dalk al die ou grappie: Die dominee se seuntjie vra die Sondag in die kerk vir sy ma wat langs hom sit: “Mamma hoekom bid Pappa elke keer daar op die trappies voor hy opklim?” Sy ma antwoord: “Boeta, Pappa vra dat die Here hom tog moet help dat hy moet mooi preek.”

Waarop Boeta weer vra: “Maar Mamma, hoekom help die Here hom dan nooit nie?” 

Seestrome 2015: Bediening van God se Woord in ons gemeente

Dr. Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles