Ons as gemeente sluit aan by hierdie landwye projek en daarom is daar geleentheid om vir die volgende maand hierdie projek te ondersteun dmv 'n inbetaling in ons rekening( bankbesonderhede op almanak of skakel kerkkantoor) of 'n koevertjie te plaas in die kollektebordjie met duidelike oormerk Droogtehulp.
Na die maand verby is sal ons hierdie inbetalings as een bedrag oorbetaal aan die NG Kerk se Droogtehulpfonds.
Die gemeente se voorbidding word ook gevra.