As NG Gemeente in Gansbaai het ons ‘n behoefte om weer oor ons rol in die groter gemeenskap te herbesin. Ons verstaan onsself as God se gestuurde in die wêreld en dat die wêreld groter is as ons gemeentegrense. Binne ‘n vinnig veranderende omgewing en land besef ons die nodigheid daarvan om soms net te stop en stil te word en te wonder oor wat ons spesifieke roeping is.
As gemeente sien ons onsself nie as ‘n eiland binne die groter Gansbaai nie en het dus verskillende rolspelers geidentifiseer na wie ons graag wil luister en wat ons kan help in ons besinning omdat ons saam tog ons gemeenskap se belange op die hart dra. In lig van die bogenoemde word 'n byeenkom op Donderdag 2 Junie om 18:00 in die Kleinsaaltjie gehou.
Kontak Dr. Lisel Joubert vir meer besonderhede.