Die Kerkraad het op ‘n Spesiale Kerkraadvergadering op 25 Julie 2016 besluit om met die voorgestelde aanbouings aan die Pretoriussaal voort te gaan.
Die aanbouings behels die aanbou van ‘n sysaal aan die bestaande kombuis se kant. Dit sal ‘n afsonderlike addisionele ruimte daarstel vir gebruik van gemeente aktiwiteite. Dit sal onder andere ruimte skep vir basaars( tente as dit reën en sterk wind word aangespreek), die Vrydag woekermark, die Kategese en ander Jeugbyeenkomste, asook werkswinkels wat deur bedieninge aangebied sou word. Alle gemeente aktiwiteite behoort te baat by die aanbouings.
Soos alombekend is daar ‘n bestaande probleem met ‘n tekort aan voldoende toiletgeriewe tydens funksies en geleenthede waar groot getalle mense in die saal geakkomodeer moet word, en is hier die geleentheid om iets groter te inkorporeer. Die vermeerdering van die toilette en aanbring van fasiliteite vir gestremdes alleen beloop nagenoeg R300 000.00. ‘n Behoefte vir meer stoorruimte word ook terselftertyd aangespreek.
Die hele projek sal ongeveer R850 000.00 beloop.
Die rowwe bouwerk behoort gedurende Augustus 2016 in aanvang te neem. Bouplanne is reeds deur die Munisipaliteit goedgekeur en ‘n kontrakteur is aangestel. Die mure, vensters, dakke en vloergedeelte behoort teen 1 Desember 2016 voltooi te wees, sodat die Kersmark die nuwe aanbouings kan benut. Die finale afwerking behoort vroeg in 2017 afgehandel te wees.