God se maaksel
“My volk, Ek self het jou verwek,
met liefde jou na My getrek;
‘n kindjie aan die hand gelei,
so was jy altyd deur by My.
Jy het leer loop, en voor jy vra,
het vaderhande jou gedra.” (Lied 480:1)
Dit is seker al hoe mens werklik koninskap sal verstaan in Bybelse taal. Dat die koning so met jou praat. Die een wat die magte van sonde, dood en bose oorwin het, was self ‘n kind en noem ons sy kinders en daarom rus ons in sy heerskappy.