Die egtheid van God
In ons westerse kultuur is ons nogal gepla met waarheid. Veral in Protestanste tradisie wat ek ken. Ons verstaan van waar is redelik rasioneel. Dit beteken iets moet feitelik korrek wees. Dit sukkel soms as ons Bybel lees, want dan begin ons baklei oor Jona en die vis en dan pla dit dat daar veral in die Ou Testament baie weergawes van dieselfde storie is, maar die detail verskil. Lê die waarheid in die detail? Indien wel, watter weergawe is dan waar? Te midde van ons aandrang op waarheid, weet ons ook dat ons dinge nie dieselfde sien of ervaar nie. Weet ons ooggetuies se weergawes verskil ook.
Wat is waar? As ons oor Jesus praat of hoe God Hom openbaar dan verkies ek die woord “egtheid”. Egtheid ontmoet ek in verhouding. Dit is nie ‘n objektiewe kyk na iets met ‘n spreekwoordelike teleskoop nie, want dan gaan die Drie-Eenheid klaar nie sin maak nie. Egtheid is die ervaring dat ek in ‘n verhouding met Iemand is op wie ek kan vertrou, wat nie ander agendas het nie - behalwe dat Hy altyd “pro-nobis” (vir ons) is. Dan vra ek nie of verhaal “waar” of bewysbaar is nie (soos die arme Jona in die vis nie) ek vra: Wat leer ek oor God, en ek weet dat dit wat ek oor God leer ek in kan rus. Egtheid verblind leuens, waarheid het te veel kriteria. Dan is God nie truth nie, maar true.
Die egtheid van God
06 December 2016Share This Post
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight
Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?
9 Days to Christmas: Sense of Humour
By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.
It is Okay for Others to Talk about Themselves
All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.
Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan
Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.










