Seemeeu 3/2017: God se Woord verander ons

Seemeeu 3/2017: God se Woord verander ons

NG Kerk Gansbaai

God se Woord verander ons

Die jaar vier ons die 500 jaar herdenking van die Reformasie. Sentraal tot die viering is die skat van die Bybel. Dat ons die Bybel mag lees en ook in ons eie taal is die erfenis van die Reformasie. Die Bybel is teruggegee in die hande van gelowiges. Die Bybel is egter ‘n gevaarlike boek en baie keer die oorsaak van konflik en spanning in die kerk. Die Bybel kan gebruik word om my eie agenda te bevorder en selfs haat aan te wakker.  Miskien is die belangrikste om te onthou dat as die Bybel deur God se Gees die Woord van God word in my lees en my lees saam met ander, dit ten doel het om my te verander. My te troos, te onderrig en ‘n metamorfose in my lewe te veroorsaak, sodat ek anders kan hoor, sien en praat.

Michael Casey skryf: “The Bible is an instrument of salvation only because it challenges our habitual beliefs, attitudes and behaviour. As soon as it begins only to confirm and reinforce our own views it is reduced to the status of a hand puppet. It no longer conveys an alternative. It simply parrots our own opinion”. Verlang ons om deur God se Woord verander te word? Of moet die Woord soos ‘n pappegaai my opinies bevestig?

Johannes herinner ons dat Jesus die Woord is wat mens geword het. Jesus se menswees help ons om te wys hoe God deur die Bybel ons wil verander na dienende mense vol deernis en liefde vir alles en almal. Verenig in God en gelei deur sy Heilige Gees.

Seemeeu 3/2017: God se Woord verander ons

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles