As Vrouebediening wil ons net graag weer ons werksaamhede verduidelik. Die Vrouebediening is ‘n bediening soos enige ander (bv Barmhartigheid, Uitreik, Jeug, ens.) Ons funksioneer bietjie anders as die Vrouediens van ouds. Die Vrouebediening probeer inisiatief neem op gebiede wat nie deur ander bedieninge opgevang word nie. Daarom bestaan ons nou uit twee bene. Die eerste is die Gasvryheidsbediening, wat instaan by Pinkstermaal, gemeente-ete, kerssangdiens en ander geleenthede wat vooraf bepaal is. As die vrouebediening ‘n geleentheid reël is dit vir die hele gemeente omdat ons dinge wil hoor en doen wat ons gemeente en gemeenskap kan opbou. Die tweede been bestaan uit projekte. Op die oomblik het ons vier projekte, maar ons is oop vir voorstelle. Die plekke waar ons betrokke is, is Herberg Kinderhuis, Laerskool Okkie Smuts se koshuis, Michelle Marais studiesentrum en ‘n werskeppingsprojek. Ons weet baie gemeentelede is betrokke by Barmhartigheid en ander projekte, maar as jy miskien nog ‘n holtetjie wil vind waar jy jou wil uitleef is hierdie die plek, veral waar jy graag ook iets nuuts wil inisieër. Vir meer inligting kontak Lisel Joubert of Fransil Kotze.
Seemeeu 4/2017: Hoe werk die Vrouebediening
04 December 2017
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?
At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You
There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.
Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay
Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.
Solar Panel Installation in the Overberg
Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!












