Blog

Hou hierdie Kerstyd jou oog op Jesus gevestig!

Hou hierdie Kerstyd jou oog op Jesus gevestig!

O.M.G.E.E. Bediening

“….en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.” (Heb 12:1-2)

Kan jy glo dis al weer daardie wonderlike tyd van die jaar! Kerstyd! Families wat kuier, vriende wat saam braai en kindertjies wat oral speel en lag. Jy hoef maar net deur die winkels te stap om herinner te word aan die feestyd. Wat is die lekkerste vir jou van hierdie tyd? Vir my is die lekkerste deel van Kersfees die heerlike borde kos wat ons eet… al daardie poedings en skaapboude! Tog wonder ek of ons nog steeds die ware Christusfees in gedagte het as ons aan Kersfees dink…

Hierdie week met huisbesoek vertel iemand my die volgende kosbare verhaal: ‘n Vrou kom by haar pastoor en vertel hom dat sy nie meer kerktoe gaan kom nie. Hy wou weet hoekom nie. Sy antwoord: “Ek sien te veel mense wat tydens die erediens met hulle selfone speel. Ander mense sit en rondkyk en party sit en praat. Dit pla my regtig en daarom gaan ek nie meer die eredienste bywoon nie.” Die pastoor sê sy kan gerus gaan maar eers moet sy met ‘n vol glas water twee maal om die kerk stap. “Ag, dis maklik, ek doen dit gou,” sê sy.

Toe sy ‘n rukkie later terugkom vra die pastoor haar of sy einige iemand gesien het wat op sy selfoon werk of besig is om te praat. “Nee,” sê sy. “ek was te besig om op die glas water te konsentreer.” Daarop antwoord die pastoor: “Wel, jy sien, as ‘n mens tydens die erediens jou aandag vestig op Jesus en op Hom konsentreer, maak dit nie saak wat die ander mense om jou doen nie. Jou aandag is by Hom.”

Ja, met ons oog gevestig op Jesus kan ons die mooiste feestyd ingaan. Mag ons hierdie Kerstyd ook meer konsentreer op wat Jesus vir ons hier op aarde kom doen het as om heeltyd te sit en kyk wat ander mense doen en sê. Kom ons onthou die liefde wat Hy ons kom leer het en begin om mekaar met meer liefde en deernis te behandel. Eerder as om ander te beskinder kan ons mooi dinge uitdink om van mekaar sê. Probeer regtig om die mooi in ander mense raak te sien. Dalk sal ons kinders ook leer wat dit beteken om alle mense met respek te behandel. Bid sommer nou daar dat Jesus jou hele hart oorneem en daar net strome van lewende water by jou mond uitvloei as jy praat. Toe man, vra dit sommer nou!

Ja, kom ons bid vir die ANC dat hulle die regte president sal kies om die land te regeer en dat elke inwoner van Suid-Afrika ander mense se lewe en besittings sal respekteer. Wanneer elkeen van ons met liefde en deernis optree teenoor ander mense mag die Heilige Gees ook hulle harte aanraak en dalk begin hulle om ‘n ware Christus-karakter te leef.

Rig jou oë hierdiue Kerstyd op Jesus en word jy die liefde van Jesus in ander mense se lewe!

Hou hierdie Kerstyd jou oog op Jesus gevestig!

O.M.G.E.E. Bediening

There’s a lot to be said in a name, and when Pastor Deon Kloppers first established the non-denominational O.M.G.E.E. (Ons Moet God Erken en Eer) Bediening, he did so with the knowledge that having a relationship with God allows you to have a relationship with people. The heart of this church beat...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Sports Update: Youth Games and Girls Rugby Progress

Gansbaai Sports Update: Youth Games and Girls Rugby Progress

EduDen and the Butterfly Centre enjoyed a sports day of games and races on the Stanford Village Green. 

Grootbos Foundation
Anger Control and Emotional Healing Coaching

Anger Control and Emotional Healing Coaching

This is for you if anger is costing you more than you want to admit.

SASSA DATES FOR APRIL 2026

SASSA DATES FOR APRIL 2026

The South African Social Security Agency (SASSA) will be in the Overstrand on the following dates from 09:00 - 15:00.

3 Bedroom House For Sale in Gansbaai Central: R1,905,000

3 Bedroom House For Sale in Gansbaai Central: R1,905,000

3 Bedroom home with beautiful wooden flooring.

Anger Is Not the Problem

Anger Is Not the Problem

Anger is not the problem, suppressed anger signals unmet boundaries and becomes destructive when not understood or expressed healthily.

Printing, Courier and Stationery in Gansbaai

Printing, Courier and Stationery in Gansbaai

Looking for reliable, fast, and professional services for school or business? Look no further than PostNet Gansbaai.

PostNet Gansbaai
See All Articles