Uit die oog

Uit die oog

NG Kerk Gansbaai

Ons almal wil graag raakgesien word. Ons is mense en mense smag na erkenning. Dit help ons om te weet wie ons is, dat ons darem tel. Daarom vra Jesus se woorde in Matteus 6: 1-6 en 16-21 nogal baie. In ‘n tyd waar die godsdienstige leiers sigbaar hulle gebeds en ander vroomheidspraktyke uitgeleef het om juis as voorbeelde te dien, vra Jesus ‘n stuk geheimenis. Bid en vas so dat mense nie eintlik weet julle bid en vas nie. Doen dit in binnekamer, nie op die straathoek nie. Vas met vreugde en sien dit nie as ‘n las nie. Maar hoe gaan mense dan weet ek kom my verantwoordelikhede na? Eerstens doen mens dit tog vir God. Hy weet en dan glo ek as mens die res van Nuwe Testament lees kry ons die antwoord: Daar sal tog sekerlik vrugte wees en die vrugte kan mense nie miskyk nie. Miskien kan ons in die lydenstyd reis met die vraag of God genoegsaam is en miskien daarom te vas van erkenning en aandag. Juis dan ontdek ons ons ware identiteit nie as dit wat ander oor my sê nie, maar wat God oor my sê. Ek is tog sy geliefde en dit is genoeg.

Uit die oog

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

Why Feed Your Dog Fresh and Raw Food?

At The Pet Grocer Gansbaai, we believe that good nutrition is one of the most important parts of keeping your dog happy, healthy and full of life.

The Pet Grocer
Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Overstrand Tourism Diary: 7 - 11 Oct 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

How to Overcome Limiting Beliefs and Become the True You

There is a longing inside of you waiting to break through to the surface. It is the true you calling.

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay

Spring Wildflowers at Grootbos and Walker Bay.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News
Solar Panel Installation in the Overberg

Solar Panel Installation in the Overberg

Another happy client and another solar installation completed by Thunder Services & Solar!

See All Articles